Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Malema wil ANC-lid in tronk gaan besoek

Julius Malema, EFF-leier, het in ’n twiet belowe dat hy binnekort vir Andile Lungisa, ’n ANC-raadslid, gaan kuier.

Lungisa is verlede week tot effektief twee jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer skuldig bevind is.

Andile Lungisa voor die streekhof in Port Elizabeth, voordat hy gevonnis is. Foto: Lulama Zenzile

Die skuldbevinding spruit uit ’n voorval in 2016 toe Lungisa op ’n raadsvergadering ’n glasbeker stukkend geslaan het oor die kop van Rano Kayser, ’n

DA-raadslid en voormalige burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer.

In sy twiet het Malema vir Lungisa aangemoedig om sterk te wees en dat hy binnekort vir hom gaan kuier.

Malema het getwiet dat hulle nie oor alles hoef saam te stem om mekaar familie te kan noem nie.

Lungisa moet in tye wanneer hy ontmoedig en gedemoraliseer voel, aan “hul broer”, Tony Yengeni, ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, dink om krag te kry.

Yengeni, ’n voormalige hoofsweep van die ANC, is in 2006 tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Hy het slegs vier maande van dié vier jaar uitgedien.

Julius Malema, EFF-leier. Foto: Lulama Zenzile

Die vonnis het gevolg nadat hy in 2003 ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het weens verskeie aanklagte van korrupsie teen hom.

Hy is skuldig bevind nadat hy ’n luukse Mercedes-Benz-motor teen ’n afslagprys bekom het, met die hulp van een van die maatskappye wat by glo ’n omstrede wapenaankope-transaksie betrokke was, en hy het versuim om dit aan die parlement te verklaar.

Terwyl talle Twitter-verbruikers Malema vir die twiet aan Lungisa geloof het en sê hy het leierskap getoon, meen ander verbruikers dat Malema die twiet sarkasties geskryf het.

Malema en Lungisa was destyds saam by die ANC-jeugliga betrokke, waarna Malema weggebreek het om die EFF te lei.

Malema het weer Woensdagoggend ’n twiet geskryf waarin hy aanvoer dat sy vorige twiet opreg bedoel was om ondersteuning aan Lungisa te toon en hom aan te moedig om sterk te staan.

Meer oor:  Julius Malema  |  Andile Lungisa  |  Tronk  |  Besoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.