Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Malema wil met Zoeloe-koning oor grond in trust praat

“Daar is geen heilige koeie in die land nie en ons moet oor kwessies praat. Dit beteken ook dat ons kan verskil van die Zoeloe-koning,” sê Julius Malema, leier van die EFF.

Hy sê sy party is bereid om met koning Goodwill Zwelithini te praat oor die moeilike kwessie van grondonteiening sonder vergoeding.

“Dit is nie meer iets waaroor ons debat voer nie. Die debat gaan nou oor hoe dit gedoen gaan word,” het hy Donderdag by die EFF se hoofkantoor in Johannesburg gesê.

Julius Malema praat oor grondhervorming. Foto: Felix Dlangamandla

Malema het Sondag gesê die Ingonyama-trust behoort ontbind te word as dit nie die Zoeloe-volk bevoordeel nie. Die trust administreer 2,8 miljoen ha grond namens die Zoeloe-volk.

Terwyl die parlementêre prosesse oor die kwessie ontvou, is die party bereid om met die verskillende belanghebbendes daaroor te praat. Hy het ’n beroep gedoen op die koning om met partylede te begin praat oor die grond wat beheer word deur die Zoeloe-koninkryk.

“Ons moet die koning respekteer, maar ons moet hom nie vrees nie,” sê hy.

Malema sê die grondkwessie is nie “oorlog” nie, maar ’n demokratiese proses en hy het ’n beroep gedoen op die banke om nie die grondhervormingsprogram te ondermyn nie.

Dit is ook nie ’n politieke veldtog nie.

Sy party doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om te kom met voorstelle aan die grondwetlike hersieningskommissie oor hoe die nuwe beleid uitgevoer kan word.

Die saak is verwys na dié kommissie wat teen 30 Augustus aan die parlement moet verslag doen.

Die EFF stel voor dat grond op plase wat nie gebruik word nie, teruggegee moet word aan die regering sodat dit herverdeel kan word onder mense wat nie grond het nie.

Malema het ook die Valke gelukgewens met die klopjag wat hulle Donderdag uitgevoer het op die kantoor van Supra Mahumapelo, premier van Noordwes.

Meer oor:  Julius Malema  |  Trust  |  Eff  |  Grond  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.