Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Malema: ‘Zuma te oud vir die tronk’

Hoewel oudpres. Jacob Zuma verantwoording in die hof moet doen oor die aanklagte teen hom, is hy te oud om tronk toe te gaan, sê Julius Malema, EFF-leier.

Malema, ’n doring in Zuma se vlees tydens sy laaste jare as staatshoof, het Vrydag in ’n toespraak by die Kaapse persklub gevra watter soort gemeenskap stuur bejaardes (soos Zuma) tronk toe.

Die doel met tronkstraf is regstellend. “Wat omtrent Zuma gaan reggestel word? Hy is ’n ou man.”

Malema het voorgestel Zuma behoort op ’n ander, gepaste manier gestraf te word (as hy skuldig is).

Zuma word deur 16 aanklagte van bedrog, geldwassery, korrupsie en rampokkery in die gesig gestaar. Dit hou verband met 783 beweerde betalings aan hom deur die Franse wapenmaatskappy Thales in 1999.

Zuma se vennoot Schabir Shaik is vroeër in dié verband 15 jaar tronkstraf opgelê weens korrupsie. Shaik is in Maart 2009 op mediese parool vrygelaat nadat hy slegs twee jaar van sy tronkstraf uitgedien het.

Regter Dhaya Pillay het op 4 Februarie vanjaar in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof ’n lasbrief vir Zuma se inhegtenisneming uitgereik omdat hy nie vir sy korrupsie-verhoor opgedaag het nie. Zuma se regspan het wel ’n mediese sertifikaat ingedien dat hy siek is, maar die staat het dit bevraagteken omdat van die inligting daarop vaag was. Die lasbrief is opgeskort tot Zuma se volgende verskyning in Mei.

Meer oor:  Julius Malema  |  Korrupsie  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.