Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mamabolo ook nou jammer oor aantygings van vroueslanery

Eers het pres. Cyril Ramaphosa jammer gesê, toe Julius Malema, EFF-leier, en nou is dit Boy Mamabolo se beurt.

Mambolo, ANC-LP, het ’n hele drama in die parlement begin toe hy Woensdag beweer het Malema rand sy vrou Mantoa aan.

Daarna het Malema die president van die land daarvan beskuldig dat hy sy oorlede vrou, Nomazizi Mtshotshisa, aangerand het.

Ramaphosa het Donderdag in die parlement hartroerend om verskoning gevra vir die beskuldiging teen Malema.

Daarna het Malema die president gebel om jammer te sê vir wat hy kwyt geraak het.

LEES OOK: Malema bel Cyril om jammer te sê

Nou is dit Mamabolo se beurt.

In ’n verklaring gerig aan “Mnr. JS en Mev. Mantoa Malema”, skryf Mamabolo hy trek sy “onsensitiewe uitlatings in die parlement en daarbuite oor geslagsgeweld wat na bewering in jul huishouding gebeur terug”.

“My vraag aan mnr. Malema in gevolge reël 14L (a) van die gesamentlike sitting is beïnvloed deur SMS’e en WhatsApp-boodskappe wat ek ontvang het van sogenaamde ‘Vriende van Mantoa’. Ek het die vraag aan mnr. Malema gestel omdat die president in die spesiale gesamentlik sitting verlede jaar ’n beroep op ons gedoen het om enige vorm van geslagsgeweld in ons land bloot te lê en sommige jaloerse vriende wat hulself ‘Vriende van Mantoa’ noem het in November verlede jaar vir my boodskappe begin stuur.”

boy juju
Boy Mamabolo, ANC-LP, het aanvanklik geweier om jammer te sê. Foto: Misheck Makora

Mamabolo erken hy was dus verkeerd om die kwessie in die openbaar te opper sonder om eers met Malema “wat ’n voormalige huisvriend van hom is daaroor te praat en uit te vind of die vals bewerings waar is”.

“Geslagsgeweld in Suid-Afrika is nie ’n kwessie wat gebruik moet word om politieke wraak te neem nie.”

Hy meld dan misdaadstatistieke waarin vroue die slagoffers is en sê hy is verbind daartoe om die stryd teen geweld teen vroue verder te voer.

“My optrede het ’n vraagteken oor jou reputasie laat ontstaan,” skryf hy ten slotte aan Malema.

Die brief is onder andere ook aan die media, Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering in die parlement, Amos Masondo, voorsitter van die nasionale raad van provinsies (NRVP), die ANC se koukus in die parlement en Ramaphosa gestuur.

“Ek vra nederig dat jy my opregte verskoning aanvaar en wens julle ’n ‘Gelukkige Malema-familie’ toe (soos ek altyd het). Jaloesie moet ’n mens nooit breek nie. Staan sterk, kamerade.”

Meer oor:  Ramaphosa  |  Malema  |  Geweld Teen Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.