Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Manana geskop van paneel oor gender-geweld

Die organiseerders van ’n ete om geld in te samel vir slagoffers van gendergeweld het Donderdag bevestig Mduduzi Manana, die voormalige adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, sal nie meer deelneem aan ’n paneelbespreking op dié geleentheid nie.

Buhle Tonise, een van die organiseerders van Shevolution, wat die geleentheid reël, het aan News24 gesê die besluit is Dinsdagaand geneem.

“Die rede is gegrond op protes teen die besluit. Nadat ons raad ingewin het, weet ons die idee agter die besluit word dalk verstaan, maar dit is heeltemal te gou om dit toe te pas. Veral rakende Manana, wat eers onlangs skuldig bevind is,” sê Tonise.

Mduduzi Manana Foto: Gallo Images

Die besluit is geneem nadat ’n plakkaat wat die geleentheid adverteer, ’n storm op sosiale media ontketen het.

Op die plakkaat, waarop staan “Legends united against gender-based violence”, pryk Manana se foto prominent.

Volgens Tonise het die organiseerders “alle oortreders” van die paneel af verwyder.

“In plaas daarvan het ons iemand wat as jeugdige in die tronk was.”

Manana is in September op drie aanklagte van aanranding skuldig bevind. Beeldmateriaal het opgeduik waarin gesien kan word hoe hy op 6 Augustus verlede jaar drie vroue in die Cubana-kuierplek in Fourways, Johannesburg, aanrand.

Hy het in die hofverrigtinge erken dat hy ook twee ander vroue aangerand het en het gesê die vroue het hom “isitabane” genoem, ’n term wat gebruik word om neerhalend na gay mense te verwys.

Die landdroshof in Randburg het Manana ’n boete van R100 000 of 12 maande tronkstraf opgelê.

Hy is ook beveel om 500 uur gemeenskapsdiens te verrig, ’n rehabilitasieprogram te volg en die slagoffers gesamentlik sowat R26 600 te betaal.

Meer oor:  Paneelbespreking  |  Mduduzi Manana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.