Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mandela-geldmors: ANC ‘wil net bietjie praat’
Die kis met die stoflike oorskot van oudpres. Nelson Mandela op 15 Desember 2013 op pad na sy graf in Qunu in die Oos-Kaap. Foto: Felix Dlangamandla

Die ANC-base in die Oos-Kaap het Maandag ’n vergadering met die premier van die provinsie, Phumulo Masualle, om die skandaal oor die misbruikte geld met oudpres. Nelson Mandela se begrafnis te bespreek.

Dit volg nadat die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, vandeesweek ’n verslag daaroor bekend gemaak het.

Daarvolgens is sowat R300 miljoen, wat vir die voorsiening van lopende water, elektrisiteit, sanitasie, ablusiegeriewe en die vervanging van modderskole bedoel was, op die oudpresident se begrafnis in 2013 bestee.

Oscar Mabuyane Foto: argief

Volgens Oscar Mabuyane, die voorsitter van die ANC in die Oos-Kaap, weet hy nie van bewerings dat vier burgemeesters van twee verskillende metro’s in die provinsie ook moet “verantwoording” doen nie.

“Ons as ’n instansie is in die verslag uitgewys en ons gaan dié vergadering hê sodat ons kan bespreek hoe om op die verslag te reageer. Ons gaan ook die verslag in konteks plaas en die premier sal vir ons kan sê watter rigting ons vorentoe hiermee moet inslaan,” sê Mabuyane.

“Hier en daar is ’n paar mense individueel uitgewys en ons wil net hê dat hierdie mense die ANC in hul vertroue moet neem.”

Mabuyane het egter beklemtoon dat niemand in die moeilikheid is nie.

“Dis slegs ’n bespreking wat gehou word sodat ’n samehangende reaksie op die verslag saamgestel kan word.”

Meer oor:  Phumulo Masualle  |  Premier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.