Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Manyi wil jammer sê oor destydse aanmerking

Mzwanele Manyi, wat in 2011 beledigende en afbrekende aanmerkings oor bruin mense gemaak het, gaan dié naweek op ’n openbare vergadering daarvoor om verskoning vra.

Mzwanele Manyi Foto: Theana Breugem

Manyi het toe hy direkteur-generaal van arbeid was, gesê daar is ’n “oorkonsentrasie” van bruin mense in die Wes-Kaap en hulle moet landwyd uitsprei vir beter werkgeleenthede.

Die party by wie hy in Januarie aangesluit het, die African Transformation Movement (ATM), beplan om in Mei aan die verkiesing deel te neem.

Biskop Manny Niekerk, Wes-Kaapse premierskandidaat van die ATM, het Maandag gesê Manyi het gehoor gegee aan sy oproep om te kom “regmaak”.

“Hy moet kom en sy woorde van destyds onvoorwaardelik terugtrek.”

Niekerk sê die ATM is gebou op onwrikbare geestelike beginsels en hy wil uit die staanspoor die verhouding tussen Manyi en die inwoners van die Wes-Kaap verbeter en versoening bewerkstellig.

“Ek het die volle ondersteuning van die Wes-Kaapse leierskap en die nasionale leierskap om aan die mense van die Wes-Kaap die vaste onderneming te gee dat die ATM onverpoos sal werk om mense te verenig.”

Volgens Niekerk poog die ATM om na die behoeftes van die Khoisan, wat baie lank al onderdruk en gemarginaliseer word, om te sien.

Voordat Manyi by die ATM aangesluit het, het hy die Gupta-familie se koerant, The New Age, en televisiekanaal, ANN7, gekoop. Albei het tot niet gegaan.

Die ATM is volgens berigte naby aan oudpres. Jacob Zuma.

Meer oor:  Mzwanele Manyi  |  Uitlatings  |  Verskoning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.