Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Marais: Gee grond terug aan dié wat dit verloor het

Staatsgrond en onontwikkelde eiendomme in voormalige “wit gebiede” wat vir spekulasie-doeleindes aangekoop is, moet onteien word (teen vergoeding) en beskikbaar gestel word aan bruin en Griekwa-mense teen afslagpryse van sowat 50%.

Só het Peter Marais, oudpremier van die Wes-Kaap, Saterdag gesê op die laaste grondverhoor van die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee in Kaapstad.

Peter Marais Foto: Jonathan Lestrade, Son

Marais het die voorlegging namens die Griekwa-koningshuis en die Bruin Bemagtigingsbeweging gedoen.

Die organisasies is gekant teen die wysiging van die Grondwet “wat deur 17 partye beding is”.

Marais sê dié soort onteiening sal tot ’n mate vergoed vir die gruwelike ongelyke besoldiging vir dieselfde werk en kwalifikasies in die apartheidsjare.

“Ons kon nie geld spaar en rykdom skep soos in die geval van wit burgers nie. Daarom sal dit redelik en geregverdig wees om grond teen groot afslag aan ons te verkoop,” het hy volgens sy voorbereide toespraak gesê.

Marais sê aan Rapport die inheemse mense verdien dit. “Baie is dood, sommige het hul eie lewe geneem terwyl ander tronk toe is omdat hulle probeer vasklou het aan hul grond in die apartheidsjare.”

Hy sê grond moet teruggegee word aan diegene wat dit in die apartheidsjare verloor het en nie aan diegene wat populistiese aansprake maak op grond wat hulle nie besit het of van hulle weggeneem is nie.

Marais het gesê honderdduisende bruin en Griekwa-mense is op gewelddadige wyse van hul eiendomme ontneem en op sandduine op die Kaapse Vlakte gaan vestig.

Ek is tevrede dit was ’n demokratiese proses.

Saterdag se laaste sitting van die grondwetlike hersieningskomitee by N1 Stad in Goodwood – om menings aan te hoor oor die moontlike wysiging aan art. 25 van die Grondwet – was een van die grootstes.

Vincent Smith, voorsitter, het aan die begin van die sitting gesê hy is vol vertroue dat die komitee geslaag het in sy doel om aan soveel moontlik mense kans te gee om hul insette te lewer.

Altesame 34 sittings is in al nege provinsies gehou.

“Ek is tevrede dit was ’n demokratiese proses.”

Meer oor:  Peter Marais  |  Wes-Kaap  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.