Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Marais wil veg vir minderhede, Afrikaans in wetgewer

Peter Marais, VF Plus-premierskandidaat, sê hy sal nou in die Wes-Kaapse wetgewer werk om ’n verenigde front te bou teen armoede en die beskerming van minderheidsgroepe.

Marais (70) sal die VF Plus in die wetgewer verteenwoordig ná dié party met verlede week se provinsiale verkiesing sy eerste setel gewen het.

Hy sê hy sal toesien dat die belange van die bevolking en alle minderhede bo die belange van partye voorrang geniet.

Dié voormalige premier en burgemeester van Kaapstad het vanjaar teruggekeer na die politiek as die VF Plus se premierskandidaat, ná sy aftrede uit die politiek in 2004.


Hy was voorheen ’n senior lid van die Nuwe Nasionale Party en ’n DA-lid.

peter marais
Peter Marais, VF Plus-premierskandidaat in die Wes-Kaap.Foto: Jaco Marais

“Ek het nie ’n behoefte gehad om tot die politiek terug te tree nie,” het Marais Sondag gesê. “Ek is terug omdat die VF Plus gesê het hulle soek my ondervinding en kennis om te help in dié verkiesing, dat ons minderhede beskerm en die bruin en wit Afrikaanssprekendes nader aan mekaar bring, onder een sambreel.”

Marais sê hy is gewillig om saam met die DA te stem indien beleid voorgestel word vir “werklike selfbeskikking” in die Wes-Kaap of die beskerming van minderheidsgroepe en Afrikaans.

“Ons moet eerder probeer om raakpunte te vind as om die verskille onder ’n vergrootglas te plaas.”

Hy sê hy sal ook standpunt inneem vir die bevordering van Afrikaans ingevolge die Grondwet, afwenteling van mag na provinsies sodat minderhede selfbeskikking kry en die instelling van Christelike waardes in die onderwys en skole.

Marais sê hy staan uit beginsel saam met die VF Plus en is al van 2014 af in gesprek met die party, totdat hy homself heeltemal met die party se grondwet kon vereenselwig.

Mense wat sy politieke vooruitsigte met sy terugkeer betwyfel het, ken hom eenvoudig nie, volgens Marais.

Meer oor:  Peter Marais  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.