Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Marikana se inwoners dring aan op grond

Die gemeenskap van Marikana in Noordwes sê hulle eis grondonteiening sonder vergoeding ná ’n besoek van Mmusi Maimane, DA-leier.

Sowat 30 ondersteuners het by Maimane, wat titelaktes en geldelike vergoeding vir grond beloof het, se byeenkoms opgedaag.

Maimane sê hy wil korrupte ANC-leiers agter tralies sit, en Eskom in twee eenhede ontbondel, wat toejuiging uitgelok het.

Die gemeenskap het ook behuising en verhoogde maatskaplike toelae geëis.

Mainane het in ’n mengsel van Xhosa en Sotho beloof onder sy leierskap sal die regering die toelae verdubbel.

’n Werker loop verby Lonmin se Marikana-platinummyn naby Rustenburg in Noordwes.Foto: Bloomberg

Maimane sê hy sal die geld vir die toelae verkry deur Eskom te verkoop.

Hy sal regeringsbesteding besnoei en die kabinet en staatslenings aan Eskom verklein.

Sy boodskap oor grondhervorming is met minder oortuiging aangehoor.

Hy sê sy party het ’n “geloofwaardige getuigskrif” van 6 000 titelaktes wat in Johannesburg aan huiseienaars oorhandig is.

Hy stem nie met die ANC en EFF saam wat die wysiging van art.25 in die Grondwet steun nie.

Die DA glo sy eie grondhervormingsplan sal van mense wat van staatstoelae afhanklik is, werklike huiseienaars maak.

“Ek wil jou ’n titelakte gee. Ons wil wegdoen met die ou wyse om mense op ’n waglys vir huise te plaas, want mense wag steeds vir huise. Dit is beter dat die mense hul titelakte kry en hul eie huise bou.”

Die gehoor was nie oortuig nie.

Hulle wou weet hoeveel grond en geld Maimane gaan gee om dié gesubsidieerde huise te bou.

Mthuthuzeli Soyabo (43) was nie tevrede nie.

“Hy dink ons is tevrede met klein lappies grond terwyl wit mense plase het. Ons is nie tevrede met klein skenkings van die regering nie.”

Nonzwakazi Toyo, wat van die Oos-Kaap kom, sê die tevredenheid met ’n lappie grond en geld sal nie lank hou nie.

“Ek moet aan my kinders en kleinkinders dink. Ek stem nie met sy grondplan saam nie.”

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Marikana  |  Grond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.