Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Marlon Daniels dien klag teen Trollip in

Raadslid Marlon Daniels van die Patriotic Alliance (PA) het Dinsdag ’n klag teen die DA se Athol Trollip by die polisie ingedien omdat Trollip glo na Daniels verwys het as korrup.

Daniels sê dit het onder sy aandag gekom dat Trollip – afgesette burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro – sy naam by wyse van uitlatings op sy Twitter-profiel probeer skaad.

Daniels het op verlede Donderdag se raadsvergadering sy sitplek verlaat en aan Trollip gaan sê: “I will f**k you up.”

Trollip het Daniels se uitlating teenoor hom, en nog ’n voorval waarin Daniels in ’n woordewisseling met ’n ander DA-raadslid was, ná afloop van die vergadering op sy Twitter-blad gedeel.

marlon daniels
Marlon Daniels van die Patriotic Alliance dien klagte teen Athol Trollip van die DA in in Port Elizabeth.

Die Twitter-gebruiker Sika’Bopha het hierop gereageer deur te sê Trollip was die een wat “hom” wou aanstel as onderburgemeester.

In reaksie op Sika’Bopha se inskrywing het Trollip gesê:

“Dit was deel van die koalisie-ooreenkoms, onthou jy? Toe ek uitvind waarmee hy besig was het ek hom afgedank, onthou jy?

“Ons het gesê ons gaan korrupsie stopsit en hy was deel van die korrupsie in die stad en is nog steeds.”

Daniels het nadat hy die klagte ingedien het, gesê dit is “stout” van Trollip om sy naam op sosiale media te skend.

Hy sê Trollip het gelieg deur te sê hy het hom afgedank toe hy uitvind waarmee hy besig is.

“Ek weet nie wanneer ek deur Athol Trollip afgedank is nie. Ek kan ook nie sy uitlatings dat ek met korrupsie besig is, ligtelik opneem nie.

“Hy moet nou naderkom en aan die land verduidelik hoe korrup Marlon Daniels is. As ek korrup is soos hy sê, wil ek hom asseblief soebat om seker te maak die regte stappe moet teen my gedoen word.”

Daniels sê hy is bang daar is mense in die publiek wat Trollip se uitlatings oor hom sal glo, want Trollip is in sy amp as federale voorsitter van die DA en in sy voormalige amp as burgemeester in ’n vertrouensposisie teenoor die publiek.

“Ek is ook die nasionale voorsitter van die Patriotic Alliance. Wat sê hy dan met sy uitlatings oor ons party as hy my impliseer in korrupsie?”

Trollip het by navraag gesê Daniels is waansinnig.

“Ek het na Bobani (burgemeester Mongameli Bobani) verwys toe ek die persoon antwoord, want ek het wel vir Bobani afgedank as onderburgemeester.

“Daniels was nog nooit onderburgemeester nie, so ek kon nie na hom verwys het nie. Hy was wel baie desperaat om onderburgemeester te word,” het Trollip gesê.

Meer oor:  Marlon Daniels  |  Athol Trollip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.