Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Maseko: ‘Zuma het vir Zondo gelieg’

Oudpres. Jacob Zuma het op 16 Julie vanjaar onder eed “gelieg” toe hy voor die Zondo-kommissie getuig het.

Dít was Woensdag die verdoemende getuienis teen Zuma dat hy in sy getuienis voor die kommissie aangevoer het dit was die kabinet wat op ’n vergadering op 2 Februarie 2011 besluit het om Themba Maseko, in daardie stadium direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en- inligtingstelsel (GCIS), uit sy pos te verwyder.

Die rekord van oudpres Jacob Zuma se getuienis op 16 Julie vanjaar voor die Zondo-kommissie waarin hy getuig het dit was ’n kabinetsbesluit dat Themba Maseko, die voormalige direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS), na ’n ander departement geskuif moet word.Foto: www.sastatecapture.org.za’

Maseko was ’n doring in die vlees van spesifiek Ajay Gupta.

Dié Gupta-broer het hom gepes om die volle begroting vir regeringsadvertensies na die Gupta-koerant The New Age te kanaliseer. Maseko het geweier.

Volgens Maseko se vorige getuienis het Ajay Gupta hom gedreig indien hy nie sou saamwerk nie. Hy is hiervoor gestraf deurdat Zuma ’n regstreekse opdrag aan wyle Collins Chabane, die destydse minister van die GCIS, gegee het dat hy uit sy pos verwyder moet word.

Zuma het egter in sy getuienis voor die Zondo-kommissie aangevoer hý was nie die oorsaak dat Maseko geskuif is nie én dat dit ’n besluit van die kabinet was.

Adv. Kate Hofmeyr, getuienisleier van die kommissie, het gesê die kommissie het wyd ondersoek gedoen oor die kabinet se vergadering op 2 Februarie 2011 en daar is géén aanduiding dat die kabinet so ’n besluit geneem het (soos wat Zuma in sy getuienis gesê het) nie.

Themba Maseko. Foto: Argief

Die Zondo-kommissie het ook navrae aan die presidensie gerig oor of daar enige inligting oor die vergadering is wat as vertroulik geklassifiseer is. Die presidensie het Dinsdagaand laat weet daar is geen dele wat geklassifiseer is nie.

Hofmeyr het gesê alles oor die betrokke kabinetsvergadering is dus bekend en daar is geen aanduiding dat ’n kabinetsbesluit geneem is oor Maseko en die man wat hom sou opvolg, Mzwanele (Jimmy) Manyi, nie.

Maseko het hierop getuig hy was op daardie kabinetsvergadering. Chabane het net ’n aankondiging gemaak. Daar was geen bespreking of debat

hieroor nie.

Zuma het aan die einde van die kabinetsvergadering gesê Chabane het ’n aankondiging om te maak. Chabane het die aankondiging gemaak, maar daar was geen bespreking of

besluit deur die kabinet daaroor nie – slegs die aankondiging, het Maseko getuig.

Maseko het gesê Zuma se getuienis dat dit Chabane was wat met Maseko in dispuut was, is ook onwaar. Hy het getuig hy verskil van Zuma se getuienis hieroor.

Manyi, wat ná Maseko getuig het, het Woensdagmiddag gekla dat die kommissie hom in ’n hoek druk deur hom terug te roep om vrae te beantwoord. Zondo het gesê hy moet met sy getuienis voortgaan.

Die sitting duur Donderdag voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.