Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mashaba bedank as DA-raadslid en burgemeester

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Maandagoggend sy bedanking op ’n mediakonferensie in Braamfontein aangekondig.

Die metro het dié nuus op Twitter bekend gemaak en sê sy bedanking sal van 27 November van krag wees.

Mashaba het op die mediakonferensie gesê hy bedank ook as lid van die DA, wat die naweek sy nuwe federale raadsvoorsitter gekies het, omdat dit nie die party is waarvoor hy gestem het nie.

Helen Zille is Sondagaand deur 150 DA-lede tot die nuwe voorsitter verkies en volg James Selfe op wat dié pos byna twee dekades beklee het.

Mashaba het verlede week aangedui dat hy die party sal verlaat as “verregses dit oorneem”.

“Ek is nie iemand wat wag totdat mense my uitwerk nie. Ek het nog altyd my lewe op my eie voorwaardes gelei. Daarom hou ek hierdie mediakonferensie om aan te kondig dat ek vanaf 27 November nie meer ’n lid van die DA gaan wees nie.”

Hy het bygevoeg dat hy die metro in ’n beter geldelike posisie laat as waarin hy dit gekry het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.