Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mashaba eis optrede teen ‘hoogverraad’ van onluste

Die gebeure met die onluste voorverlede week hou verband met “hoogverraad” en pres. Cyril Ramaphosa moet dienooreenkomstig teen die betrokkenes optree.

Herman Mashaba

So het Herman Mashaba, leier van ActionSA, Dinsdag op ’n mediakonferensie van sy party gesê en bygevoeg dat Ramaphosa ’n geregterlike kommissie van ondersoek moet aanstel oor die “opstand” wat gelei het tot talle sterftes en die plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal.

“Ons sal ’n skrywe aan die president rig om te eis dat hy binne 60 dae waarnemende hoofregter (sic) Raymond Zondo vra om ’n kortlys te verskaf van drie regters waaruit die president kan kies wat die voorsitter van die ondersoek sal wees,” sê Mashaba.

Mashaba, wat ook daarop gesinspeel het dat ANC-lede by die onluste betrokke kon wees, het verwys na die woorde van Ramaphosa dat die gebeure ’n “doelbewuste en goed beplande aanval” teen die demokrasie was en dat die betrokkenes ’n “populêre opstand” wou bewerkstellig.

Politici soos Julius Malema, EFF-leier, en Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, het voorheen ontken dat ’n opstand plaasgevind het, hoewel laasgenoemde intussen van mening verander het.

Volgens Mashaba is dit so helder soos daglig dat die gebeure beplan en gekoördineer is. Hy het verder gegaan deur die opstand “hoogverraad” te noem.

“Waarnemers van die onluste het van gevorderde kommunikasienetwerke gepraat wat mense na spesifieke plekke gestuur het en oor hoe dit na ’n beplande benadering gelyk het om sleutelinfrastruktuur aan te val,” sê Mashaba.

“Solank die president die kwessie as ’n interne ANC-saak hanteer, solank hy weier om beslissend op te tree teen die daad van hoogverraad en solank hy weier om die oortreders by die naam te noem, sal ons volhou om die gevaar te loop van ’n herhaling van die onluste.”

Makhosi Khoza, voormalige ANC-LP wat deesdae betrokke is by ActionSA, beweer dat daar voor die onluste op sekere WhatsApp-groepe van die ANC gevra is dat mense moet voorberei deur kosvoorrade te koop.

John Moodey van ActionSA het bespiegel dat amptenare die regering gedwarsboom het as daar gekyk word na die trae optrede van die polisie.

Die onluste het vlamgevat nadat oudpres. Jacob Zuma sy tronkstraf weens minagting van die hof begin uitdien het.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Cyril Ramaphosa  |  Gauteng  |  Kwazulu-Natal  |  Onluste  |  Plundery En Geweld  |  Opstand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.