Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mashaba ‘geskok’ dat hy deur media van beurtkrag hoor

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het sy skok op Twitter uitgespreek oor Eskom se aankondiging dat fase 2-beurtkrag vir ’n week ingestel gaan word.

Herman Mashaba
Herman Mashaba. Foto: Elvira Wood

“Ons by @CityofJoburgZA @CityPowerJhb het vanoggend (Woensdagoggend) deur die media van die beurtkrag uitgevind. Eskom het besluit om die beurtkrag in te stel sonder om die stad vooraf in kennis te stel sodat ons ons inwoners daaroor kan inlig,” het Mashaba getwiet.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê hulle is onkant betrap. “Ons het vroeg vanoggend ’n kennisgewing gekry. Ons verstaan dat dit ’n noodgeval is en dat Eskom dit ook nie kon voorsien nie.”

Dikatso Mothae, woordvoerder van Eskom, het intussen ontken dat die kragverskaffer sy versekering gegee het dat daar nie vandeesmaand beurtkrag sal wees nie.

Natasha Mazzone, DA-LP, het ’n brief aan haar van Jabu Mabuza, waarnemende uitvoerende hoof en voorsitter van Eskom, aan Netwerk24 gestuur waarin hy skryf geen beurtkrag word vir die einde van September of vir Oktober beplan nie.

“In ons inligtingsessie op 4 September (by Megawatt Park in Johannesburg) het ons gesê om beurtkrag te vermy, moet onbeplande onderbrekings tot onder 9 500 MW beperk word. Ons staan tans op 10 500 MW,” het Mothae gesê.

“In die algemeen kan ons nie die versekering gee dat daar nie beurtkrag gaan wees nie, omdat enigiets op enige gegewe tyd kan gebeur.”

Ian Cruickshanks, hoofekonoom van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het gesê die beurtkrag wat nou ingestel is, voorspel niks goed vir land se ekonomie nie.

“As dit vir ’n paar weke gaan duur, sal dit ons in die rigting van ’n resessie stuur en kapitaal sal uit die land vloei. Maar ek is nie verbaas nie. Dit is nooit ’n geval van ‘as’ nie, maar ‘wanneer’. Dit bevestig net weer wat die algemene stand van sake van Eskom se struktuur is,” sê Cruickshanks.

Meer oor:  Eskom  |  Herman Mashaba  |  Johannesburg  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.