Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mashaba geskok oor hy blaam vir tragedie kry
Herman Mashaba, burgemeester van die Johannesburg-metro. Foto: Argief

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, sê hy is geskok en teleurgesteld in die ANC-verkiesingshoof, Fikile Mbalula, wat ’n beroep op hom gedoen het om die politieke verantwoordelikheid vir die dood van drie brandbestryders in die stad op hom te neem.

Die drie brandbestryders het verlede week gesterf terwyl hulle ’n brand in die Johannesburgse middestad probeer blus het.

“Mbalula vryf sout in mense se wonde,” het Mashaba Donderdag aan News24 gesê.

Mbalula en Lebogang Maile, LUR vir ekonomiese ontwikkeling, het Donderdag met verskaffers, plaaslike sakelui en inwoners van Soweto vergader toe hy in ’n toespraak die blaam vir die brandbestryders se dood vierkantig op Mashaba geplaas het.

“Daardie brandbestryders was swak toegerus en swak opgelei en hulle is die gebou in,” het hy in Sotho gesê. “Die brandbestryders het vir Mashaba gewerk.”

Volgens hom moet Mashaba dus verantwoordelikheid vir die tragedie verlede week in die Bank of Lisbon-gebou neem. Een van die drie brandbestryders het uit die gebou na sy dood geval.

Fikile MbalulaFoto: Deaan Vivier

Mbalula het gesê hy, in sy vorige hoedanigheid as minister van polisie, het Mashaba oor die toestand van die geboue in die Johannesburgse metro gewaarsku.

“Terwyl ek minister van polisie was, het ek vir hom gesê dat die geboue in die middestad in ’n haglike toestand is en gesluit moet word, maar hy het nie geluister nie,” het hy gesê en op sy beurt gekla omdat die burgemeester weer die blaam voor die deur van die ANC-beheerde provinsiale regering lê.

Mashaba, wat by herhaling sy skok oor Mbalula se uitlatings uitgespreek het, het aan News24 gesê brandbestryders is ontevrede met die ANC-beheerde provinsiale regering. Hulle het ook nie enige van dié regering se verteenwoordigers toegelaat om vandeesweek op die drie brandbestryders se roudiens toesprake te lewer nie.

“Die brandbestryders het dit duidelik gestel dat hulle beledig is. Hulle was ontsteld ná ’n verklaring deur Makhura (David Makhura, premier van Gauteng) dat hulle nie die mas kon opkom nie,” het Mashaba gesê.

“Dit was ’n veiligheidskwessie. Sy kommentaar is ’n groot teleurstelling,” sê Mashaba.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.