Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mashaba met regstappe gedreig oor sy opmerking

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het tien dae om ’n opmerking oor Geoff Makhubo, ’n ANC-raadslid, terug te trek.

“Ek het ’n brief van die prokureurs van raadslid Geoff Makhubo, die ANC se streeksvoorsitter, ontvang wat aan my tien dae gee om in die openbaar my opmerking terug te trek en om verskoning te vra oor die beweerde korrupte verhouding tussen Regiments, ’n maatskappy in die middel van die staatskaping, en raadslid Makhubo,” sê Mashaba in ’n verklaring.

Herman Mashaba Foto: Gallo Images

Volgens Mashaba wil Makhubo siviele regstappe neem waarin hy skadevergoeding van R5 miljoen soek indien nie aan sy versoek voldoen word nie.

Dit volg nadat Mashaba op 6 Desember 2018 getwiet het dat Makhubo R30 miljoen ontvang het om die verhouding tussen die Regiments-fondsbestuurders en die Johannesburg-metro winsgewend te hou. Hy het ook in die twiet daarna verwys dat Parks Tau nie hiervan bewus is nie.

Hierdie sentimente is gedeel nadat amaBhungane verslag gedoen het oor nuwe bewyse oor die voorsitter van die ANC se kragtige Johannesburg-streek en die voornemende burgemeesterskandidaat wat bykans R30 miljoen van die Johannesburg-metro ontvang het.

In reaksie hierop het Mashaba aanklagte van korrupsie, geldwassery en afpersing teen Makhubo en die voormalige burgemeester Parks Tau by die Johannesburgse Sentraal-polisiekantoor ingedien.

Ongeag regstappe wat oor sy kop hang, is Mashaba nie van plan om sommer bes te gee nie.

“Makhubo sal geen terugtrekking of apologie van my ontvang nie,” sê Mashaba.

“Ek sien uit daarna om hierdie aangeleentheid in ’n openbare hof te betwis waar al die getuienis teen Makhubo en Regiments oopgevlek sal word – dit is die enigste hof waar die skandalige leier van die ANC in Johannesburg hoort,” sê Mashaba.

Die Johannesburg-metro is nou in ’n gevorderde stadium in sy ondersoek na dié saak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.