Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mashaba se party lok hoës, skenkers

Twee voormalige DA-hoës help nou vir Herman Mashaba om sy The People’s Dialogue op die been te kry.

Paul Boughey, wat vyf jaar uitvoerende hoof was van die DA, en Jonathan Moakes, voormalige verkiesingsbestuurder, verleen strategiese advies aan The People’s Dialogue, wat einde verlede jaar deur Mashaba bekend gestel is nadat hy op 21 Oktober 2019 as burgemeester van Johannesburg en uit die DA bedank het. Mashaba beoog glo om teen Junie ’n politieke party bekend te stel.

Kort ná Mashaba se bedanking het Mmusi Maimane as partyleier bedank.

Moakes het in Meimaand direk ná die verkiesing bedank en Boughey op 17 Oktober.

’n Verslag oor die party se verlies aan meer as 470 000 stemme in die verkiesing het aanbeveel dat Boughey, Maimane, Moakes en James Selfe, voormalige voorsitter van die federale raad, aanspreeklik gehou moet word.

Paul Boughey

Boughey het aan Rapport gesê: “Ek gaan saam met Herman Mashaba en sy span werk om die visie van ’n nie-rassige en welvarende Suid-Afrika na te streef.”

Moakes het by die politieke adviseur Stan Greenberg se maatskappy, Greenberg Quinlan Rosner Research, in Brittanje as visepresident aangesluit. Greenberg is in 2013 deur die DA in diens geneem en was ’n adviseur vir oudpres. Bill Clinton se presidentsverkiesingsveldtog, sowel as vir Tony Blair, voormalige Britse eerste minister.

Michael Beaumont, uitvoerende hoof van The People’s Dialogue, het gesê al het hulle “nog nie” ’n kontrak met Greenberg Quinlan Rosner Research nie, is hulle in gesprek met Moakes en Greenberg se maatskappy.

“As deel van hierdie gesprekke het Jonathan al vir ons gewaardeerde advies en insette gegee – net soos die duisende Suid-Afrikaners wat met ons in gesprek getree het op verskeie platforms.”

Beaumont sê skenkers wat in die verlede geld vir die DA en ANC gegee het, het uitgereik na The People’s Dialogue.

’n Senior DA-LP wat op voorwaarde van anonimiteit praat, het aan Rapport gesê hy kan verstaan waarom die voormalige DA-hoës aangetrokke is tot Mashaba se party.

“Sy populistiese uitsprake maak van hom ’n politieke strateeg se droom,” sê die bron.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Paul Boughey  |  Jonathan Moakes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.