Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mashaba soek waardevolle grond in Sandton terug
Herman Mashaba
Herman Mashaba Foto: Elvira Wood

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, wil hê ’n waardevolle stuk grond in Sandton wat aan ’n maatskappy met Gupta-bande behoort, moet aan die metro teruggegee word.

Mashaba het Sondag gesê die stad ondersoek die verkoop van die grond waarop Sandton se Gautrein-stasie gebou is. Die grond behoort aan Cedar Park-eiendomme, ’n maatskappy wat bande het met die Regiments-groep.

Mashaba meen die grond is onreëlmatig bekom toe Cedar Park dit in 2009 teen R280 miljoen gekoop het terwyl die ANC in Johannesburg aan die stuur van sake was.

“Die grond is nie gekoop nie, dis geskenk. Hoe kan die stad eiendom verkoop aan ’n private maatskappy en dan ’n verband teen homself uitneem?

“Die ondersoek is ver gevorder. Ek het opdrag gegee aan die regsfirma om die transaksie te bekyk, die kontrak te kanselleer en die grond terug te vat. Jy kan nie grond verkoop of verhuur sonder die raad se goedkeuring nie en die raad het dit nie goedgekeur nie.”

City Press het Sondag berig dat die Johannesburgse metroraad sy eie geld gebruik het om die verkoop van sy grond aan Cedar Park te finansier.

Mashaba het die ANC-streeksvoorsitter, Geoff Makhubo, daarvan beskuldig dat hy bande met Regiments het deur die stad se delgingsfonds.

Cedar Park het bande met Regiments, ’n fondsbestuursgroep wat onlangs ter sprake gekom het in die ondersoek na staatskaping – hulle het glo tenders van staatsondernemings gekry op grond van hul uitvoerende hoofde se bande met die Guptas.

Mashaba het die ANC-streeksvoorsitter, Geoff Makhubo, daarvan beskuldig dat hy bande met Regiments het deur die stad se delgingsfonds.

“Sy maatskappy, Molelwane, was ’n fasiliteerder tussen die stad en Regiments,” sê Mashaba.

Makhubo was vroeër ’n lid van die burgemeesterskomitee vir finansies. Hy het Sondag ontken dat hy iets te doen gehad het met die verkoop van die stuk grond.

“Die burgemeester sleep my nou in by sy jongste twis tussen die stad en Cedar Park omdat Cedar Park gedeeltelik aan Regiments behoort. Wanneer Regiments of die delgingsfonds ter sprake kom, slaan hy oor na dieselfde retoriek, selfs wanneer die kwessie niks met my te doen het nie,” het Makhubo gesê.

Hy sê die grondtransaksie is beklink voordat hy ’n raadslid geword het.

Makhubo het in Desember in ’n ander kwessie ontken dat hy ’n tussenganger was nadat bewerings van onbehoorlikheid gemaak is oor die stad se delgingsfonds.

AmaBhungane het berig dat Makhubo se maatskappy sakebande het met Regiments en dat Regiments ’n kontrak gekry het om die delgingsfonds te bestuur.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Guptas  |  Sandton  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.