Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mashaba stig nuwe party: O’Sullivan, Vytjie sluit aan

Die bekende forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan het sy steun toegesê aan Herman Mashaba se nuwe politieke party.

Ook die bekende fluitjieblaser oor korrupsie en oud-ANC-LP Vytjie Mentor.

“Alle rasse maak saak. . . . Mense van alle geslagte maak saak,” het Mentor onder meer in ’n video-boodskap gesê.

Alle rasse maak saak. . . . Mense van alle geslagte maak saak.
Vytjie Mentor
Vytjie Mentor

Die oud-ANC-LP dr. Makhosi Khoza het ook haar steun aan Mashaba se party toegesê. “Ons kort ’n party wat ons verantwoordelik kan hou. Ons wag al lankal vir ’n party soos dié wat ons as Suid-Afrikaners kan verenig,” het Khoza opgemerk.

Die politieke ontleder Prince Mashele sê die toekoms van die nuwe party, wat Saterdag gestig is, sal nie net van Mashaba afhang nie, maar van alle Suid-Afrikaner wat hom moet bystaan.

“Wat Mashaba se party nodig het, is kapasiteit.”

Mashaba, voormalige DA-burgemeester van Johannesburg, het verlede jaar van dié party weggebreek en die organisasie The People’s Dialogue gestig.

Mashele sê Suid-Afrika sukkel onder die ANC-regering met ’n stukkende staat weens kaderontplooiing.

Die staat kan slegs reggeruk word deur professionele staatsamptenare aan te stel.

“Wat Suid-Afrika nou nodig het, is ’n politieke leier met nuwe idees.”

Iemand soos Mashaba is nie in die politiek om geld daaruit te verdien nie. Hy is ’n vermoënde sakeman in eie reg.

Die politieke ontleder dr. Ralph Mathekga sê dit is die moeite werd om na die boodskap van Herman Mashaba se nuwe politieke party te luister.

“Suid-Afrika sal ongetwyfeld moet verander, maar ons sal moet besluit hoe daardie verandering gaan plaasvind,” meen Mathekga.

Mashaba se party, voeg Mathekga by, sal ons openbare debat beslis op ’n ander trajek plaas.

Meer oor:  Vytjie Mentor  |  Herman Mashaba  |  Paul O'sullivan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.