Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mashaba ‘versterk EFF se hand’

Politieke ontleders het Dinsdag gesê dat Herman Mashaba se bedanking as burgemeester van Johannesburg die magsbalans in die informele alliansie in die Goudstad in die rigting van die EFF swaai, wat in die verlede minstens een burgemeesterspos in Gauteng wou hê.

Julius Malema, leier van die EFF het in Mei gesê dat sy party in onderhandelinge met die DA gewikkel is vir ’n formele vennootskap oor die beheer van Tshwane en Johannesburg, met die oog daarop om die burgemeesterspos in Tshwane oor te neem.

Malema het toe gesê dat hy skugter is om die burgemeesterspos in Johannesburg op te neem omdat Mashaba ’n bron van irritasie vir die ANC is.

Johannesburg Mayor Herman Mashaba. Picture: Jabu Kumalo

Daarom, sê dr. Piet Croucamp, politieke ontleder, behoort die EFF weer hul begeerte na te streef om minstens een van die metro’s te beheer.

“Die EFF het reeds gesê dat hulle in ten minste een metro wil regeer. Dit is heeltemal moontlik. Hulle kan sê ‘as julle nie ons burgemeester wil hê nie, sal ons die proses vertraag totdat die provinsiale regering nuwe verkiesings uitroep’,” sê Croucamp.

“Die EFF kan nou enigiemand dwing om te doen wat hy wil. Hulle kan die proses (vir die aanwys van ’n burgemeester) vertraag of uit ’n posisie van mag onderhandel.”

Vir ’n politieke party om sy eie burgemeester te verkies, moet hy 136 stemme op hom verenig in die Johannesburgse raad wat 270 setels het. Die ANC het 122 setels en die DA en EFF het onderskeidelik 103 en 30 setels. Die IVP het vyf setels en die Vryheidsfront Plus een.

Die DA se ander koalisievennote in die metro, wat saam nege setels het, is die IVP, die VF+, UDM (een setel), die ACDP (een setel) en COPE, ook een setel.

Die EFF kan nou enigiemand dwing om te doen wat hy wil. Hulle kan die proses (vir die aanwys van ’n burgemeester) vertraag of uit ’n posisie van mag onderhandel.

Die ANC het Maandag aangedui dat hulle wil munt slaan uit Mashaba se bedanking en dat hulle reeds met kleiner partye in die metro begin praat het in ’n poging om die burgemeesterskap in Johannesburg oor te neem.

Die ANC in Johannesburg, onder leiding van Geoff Makhubo, probeer nou al vir maande lank om die IVP sover te kry om sy gewig agter hom in te gooi.

Dr. Somadoda Fikeni, nog ’n politieke ontleder, sê “hoewel dit ’n moontlikheid is” dat die EFF sal voordeel trek uit die DA se onstabiliteit, sal dit nie sonder meer deur sommiges in die DA aanvaar word nie.

“Die leiers (in die DA) wat teruggekeer het, blyk ontevrede te wees met die DA se verwantskap met die EFF, maar terselfdertyd deel die DA en die EFF ’n diepe wantroue in die ANC,” sê Fikeni.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Da  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.