Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Masualle gaan glo gou sy kabinet skommel

Phumulo Masualle, premier van die Oos-Kaap, het tot Donderdag om sy kabinet te skommel.

Dit volg ná ’n vergadering Maandag tussen Masualle en die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Luthuli-huis in Johannesburg.

Phumulo Masualle, premier van die Oos-Kaap.Foto: Argief

Volgens Gift Ngqondi, ANC-woordvoerder, het Masualle daartoe ingestem om die veranderinge aan te bring.

Hy sê daar word verwag dat Masualle laat Woensdagmiddag of vroeg Donderdagoggend ’n aankondiging hieroor sal maak.

Die lede van die ANC se Oos-Kaapse provinsiale werkkomitee (PWK) het ook Maandag se vergadering bygewoon.

Die vergadering was glo om terugvoer te gee oor die werk wat gedoen word om die Oos-Kaap te verenig, asook om die betrekkinge tussen die provinsiale regering en die ANC se provinsiale uitvoerende komitee te versterk.

“Die vergadering was reguit, oop, en het met kameraadskap geskied. ’n Aantal probleme waardeur die ANC in die Oos-Kaap in die gesig gestaar is, is opgeklaar.

“Die vergadering is afgesluit met die boodskap dat die probleme in gebiede waar daar onenigheid is, spoedig opgeklaar moet word, en dat die kwessie van die hersamestelling van die leierskap in die Oos-Kaap ook vinnig afgehandel moet word.”

Ngqondi sê hy is onseker oor wat die redes vir die kabinetskommeling is, maar hy meen Masualle sal alles duidelik maak wanneer hy die aankondiging maak.

Hoewel die ANC se provinsiale uitvoerende komitee aanbevelings kan maak, dien die komitee slegs in ’n raadgewende rol en bly dit die werk van die premier om mense af te dank of aan te stel, sê Ngqondi.

Meer oor:  Phumulo Masualle  |  Oos-Kaap  |  Kabinetskommeling  |  Anc  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.