Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Masuku verwelkom klagtes teen hom

Dr. Bandile Masuku, die afgedankte Gautengse LUR vir gesondheid, het ’n klagstaat van die ANC se provinsiale tugkomitee teen hom verwelkom.

Mojalefa Motalane, Masuku se prokureur, het Vrydag in ’n verklaring gesê “Masuku vertrou die ANC se prosesse en dat hy die geleentheid sal kry om te bewys dat hy onskuldig is.”

Motalane se verklaring volg nadat dit bekend geword het dat die ANC Masuku formeel sal aankla vir sy aandeel in beweerde tenderbedrog vir persoonlike beskermende toerusting (PPE) teen Covid-19.

Bones Modise, ANC-woordvoerder in Gauteng, het Woensdag aan Netwerk24 gesê Masuku se tugverhoor sal van 17 tot 19 Desember by die Walter Sisulu-huis in Johannesburg plaasvind.

City Press het Sondag berig die klagstaat teen Masuku toon dat hy ’n belangebotsing gehad het toe hy ’n PPE-tender van R125 miljoen aan Royal Bhaca Projects toegeken het.

Masuku het in Oktober die trekpas gekry ná ’n omvattende ondersoek van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) na finansiële onreëlmatighede met die aankoop van toerusting teen die koronavirus vroeër vanjaar.

Die SOE se aanbeveling was dat streng teen Masuku opgetree word omdat hy nie sy pligte as politieke hoof van die departement nagekom het nie.

Royal Bhaca Projects word besit deur Thandisizwe Diko, die eggenoot van pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko.

Khusela is ook in Oktober geskors.

Masuku meen egter dat die SOE se bevindings teen hom “is onwettig, ongrondwetlik en daarom ongeldig”.

Oor sy vriendskap met Khusela en die tender aan Royal Bhaca Projects, sê Masuku hy het nie geweet haar man het ’n tender gekry nie.

Masuku sal die hooggeregshof in Pretoria in Januarie op ’n dringende grondslag nader om te vra dat die SOE se bevindinge teen hom tersyde gestel word.

Meer oor:  Soe  |  Afdanking  |  Bandile Masuku
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.