Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
May steun ‘wettige, deursigtige’ grondplan

Theresa May, premier van Brittanje, verwelkom die uitsprake wat pres. Cyril Ramaphosa reeds oor grondhervorming gemaak het. Sy het ook planne aangekondig om Brittanje se beleggings in Afrika ná Brexit ’n hupstoot te gee.

Sy het Dinsdagoggend ’n toespraak voor sakeleiers in Kaapstad gelewer.

Ná die toespraak het May op ’n vraag oor wat sy dink van Suid-Afrika se voorgestelde planne oor grondonteiening sonder vergoeding, geantwoord dat Brittanje grondhervorming steun.

“Grondhervorming wat wettig is, deursigtig is en gegenereer word deur middel van ’n demokratiese proses,” het sy verduidelik.

Theresa May, Britse premier. Foto: Reuters

Volgens haar het sy die kwessie met Ramaphosa bespreek toe hy vroeër vanjaar in Londen was en sy gaan weer later Dinsdag met hom daaroor praat.

“Ek verwelkom die uitsprake wat hy reeds gemaak het oor sy benadering tot grondhervorming en dat die ekonomiese en maatskaplike gevolge in gedagte gehou word. Hy het gesê dat geen gryp-en-vat-grondhervorming sal plaasvind nie.”

May glo daar is “werklike geleenthede” in die toekoms vir Brittanje in Suid-Afrika en sy het ’n aansienlike afvaardiging van die sakesektor saam met haar gebring wat lede van die finansiële sektor, vervaardiging, landbou, infrastruktuur, sowel as tegnologiemaatskappye, insluit.

“Natuurlik wil ons seker maak dat Afrika-lande oor die stabiele aspekte beskik waarvoor beleggers altyd uitkyk.

“Ons het reeds die voordele van groei in die ekonomie en stabiliteit in Suid-Afrika gesien in die beleggings deur Brittanje.”

Sy het in haar toespraak ’n bykomende beleggersprogram van 4 miljard pond aangekondig in ekonomieë in Afrika “wat die weg sal baan vir minstens nóg finansiering van 4 miljard pond in die private sektor".

’n Afrika-beleggingsberaad gaan ook in 2019 in Londen gehou word wat daarop gemik is om te verseker dat Afrika en Brittanje nouer bande smee.

Sy het ook ’n “nuwe ambisie” aangekondig dat sy wil hê Brittanje moet teen 2022 die G7 se grootste belegger in Afrika word. Britse maatskappye moet die leiding neem in die beleggings wat sal verseker dat ekonomieë in Afrika met “miljarde” groei.

Brittanje beplan ook om sy teenwoordigheid in Afrika “radikaal” uit te brei met die opening van nuwe missies en wil nuwe handel- en beleggerskundiges inbring.


Meer oor:  Theresa May  |  Londen  |  Brittanje  |  Grondonteiening  |  Grondhervorming  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.