Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Maynier skuif na Wes-Kaapse wetgewer
David Maynier

David Maynier, senior DA-LP, gaan die Nasionale Vergadering (NV) vir die Wes-Kaapse wetgewer verruil ná die Mei-verkiesing.

Dít blyk uit die DA se Wes-Kaapse kandidaatlyste vir die provinsiale wetgewer wat vandeesweek by die Verkiesingskommissie (OVK) ingedien is.

Maynier, wat die afgelope twee termyne ’n LP was, se naam verskyn vierde op die DA se provinsiale kandidatelys.

Al die huidige lede van die Wes-Kaapse uitvoerende raad, onder wie Helen Zille, uittredende Wes-Kaapse premier, se name verskyn op die lys.

Alan Winde, DA-premierskandidaat en LUR vir gemeenskapsveiligheid, se naam is eerste op die lys. Hy sal egter min beweegruimte hê wanneer hy sy uitvoerende raad ná die verkiesing saamstel tensy hy besluit om van die bestaande LUR’e uit sy kabinet te laat.

Winde word gevolg deur Bonginkosi Madikizela, DA-provinsiale leier en LUR vir menslike nedersettings, en Beverley Schafer, LUR vir ekonomiese geleenthede, toerisme en landbou, Maynier, Daylin Mitchell (LPP), Sharna Fernandez (speaker), Nomafrench Mbombo, LUR vir gesondheid, Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, Mireille Wenger (LPP) en Debbie Schäfer, LUR vir onderwys.

Maynier, wat aan hoof van die DA se verkiesingsveldtog in die Wes-Kaap staan, kon nie Donderdag vir kommentaar bereik word nie.

Benewens die provinsiale lyste vir die onderskeie wetgewers moet politieke partye ook kandidate uit die nege provinsies aanwys vir verteenwoordiging in die parlement.

Eerste onder die kandidate op die Wes-Kaapse lys om die DA in die NV te verteenwoordig, is Geordin Hill-Lewis (LP).

Eerste onder die kandidate op die Wes-Kaapse lys om die DA in die NV te verteenwoordig, is Geordin Hill-Lewis (LP). Die tweede posisie op dié lys is vakant. Dit is een van die posisies op die lys wat Mmusi Maimane, DA-leier, ingevolge die party se grondwet van buite die party kan aanwys.

Ander huidige DA-LP’s en LPW’s op die Wes-Kaapse lys vir die Nasionale Vergadering is Erik Marais, Nceba Hinana, Phumzile van Damme, James Selfe, Denis Joseph, Michael Cardo, Chris Hunsinger, Eleanor Spies, Benedicta van Minnen, Alexandra Abrahams, Emma Powell, Zak Mbhele en Michael Bagraim.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het by navraag gesê die party kan nog nie die lyste bekend maak nie omdat kwessies rondom die vertroulike name op die lys uitgestryk moet word.

Die EFF was die eerste party wat sy kandidaatlyste vir die algemene verkiesing bekendgemaak het.

Julius Malema, EFF-leier, beklee die eerste posisie op die lys, gevolg deur Floyd Shivambu, EFF-onderleier, en adv. Dali Mpofu. Onder die huidige EFF-LP’s wat ook op die lys is, tel Hlengiwe Mkhalipi, Godrich Gardee, Leigh-Ann Matthys, Mbuyiseni Ndlozi, Reneiloe Mashabela, Marshall Dlamini, Tebogo Mokweli, Goodwill Makoena, Veronica Mente, Primrose Sonti, Mmabatho Mokause en Nazier Paulsen.

Die ANC het aangedui hy sal sy lyste Donderdagaand of Vrydag bekend te maak.

Meer oor:  David Maynier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.