Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
McKinsey moet steeds voor stok gekry word – DA

Die saak teen die internasionale konsultasiefirma McKinsey moet ten spyte van sy verskoning en die terugbetaling van meer as R900 miljoen wat verbind word met twyfelagtige Gupta-verwante transaksies aan Eskom, nie daargelaat word nie.

Natasha Mazzone Foto: Peter Abrahams/Son

Die DA meen dat die Amerikaanse maatskappy aanspreeklik gehou moet word omdat dit na bewering Suid-Afrikaanse wette oortree het.

Natasha Mazzone, DA-LP en woordvoerder oor openbare ondernemings, het Dinsdag gesê as McKinsey waarlik jammer is oor die groot skade wat dit Suid-Afrika berokken het, moet hy hom daartoe verbind om ten volle met die land se wetstoepassingsagentskappe in hul ondersoeke na staatskaping saam te werk.

“Suid-Afrika was en sal nooit te koop wees nie.”

Bloomberg het Maandag berig oor McKinsey wat weer om verskoning gevra het omdat hy Eskom te veel vir sy dienste gevra het. Die maatskappy het in Oktober verlede jaar ook erken dat hy nie sy eie prosedures gevolg het toe hy met Eskom sake gedoen het nie.

McKinsey het verlede week in ’n skikking ingestem om R1 miljard aan Eskom terug te betaal.

McKinsey se beëindigde vennootskap met die Gupta-verwante Trillian Capital Partners het die maatskappy sentraal in bewerings geplaas dat die voortvlugtende Guptas hul bande met oudpres. Jacob Zuma misbruik het om lonende kontrakte met staatsbeheerde maatskappye te bekom. Die Guptas en Zuma ontken dat hulle iets verkeerd gedoen het.

Mazzone het Dinsdag bygevoeg dat McKinsey nooit die R902 miljoen sou terugbetaal as dit nie vir die DA was wat deur ’n parlementêre vraag aan Lynne Brown, voormalige minister van openbare ondernemings, vir Eskom uitgevang het dat hy oor sy verhouding met McKinsey en Trillian gelieg het nie.

“Terwyl McKinsey om verskoning gevra het, hou hy vol dat hy nie by enige korrupte aktiwiteite betrokke was nie. Die DA kan eenvoudig nie hierdie halfhartige verskoning aanvaar nie. Die blote feit dat hy die geld terugbetaal het, moet as ’n skulderkenning beskou word.”

Alexander Weiss, een van die vennote wat die baasbrein agter die bedenklike Eskom/Trillian-kontrakte was, werk steeds met die firma saam, terwyl ’n ander een, Vikas Sagar, toegelaat is om eenvoudig net aan te beweeg.

Volgens Mazzone het die DA in September 2017 klagte van bedrog, rampokkery en samespanning in terme van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite teen McKinsey by die polisie ingedien.

Sy het gesê McKinsey het na bewering waarskuwingstekens van senior personeel in Suid-Afrika geïgnoreer dat transaksies tussen Trillian, Eskom en ander Gupta-verwante maatskappye onder verdenking was.

“McKinsey het blykbaar hierdie waarskuwings geïgnoreer omdat McKinsey nie die groot winste verby kon laat gaan nie.”

Sy het die polisie versoek om die publiek op die hoogte te hou oor die vordering van hul ondersoek teen McKinsey.

Mazzone sê vrae moet gevra word oor hoe verbind McKinsey werklik daartoe is om eienaarskap te neem van die skade wat hierdie sage aan Eskom en Suid-Afrika aangerig het.

“Alexander Weiss, een van die vennote wat die baasbrein agter die bedenklike Eskom/Trillian-kontrakte was, werk steeds met die firma saam, terwyl ’n ander een, Vikas Sagar, toegelaat is om eenvoudig net aan te beweeg.

“Die maatskappy se terugbetaling aan Eskom sluit ook nie opgeloopte rente van sowat R320 miljoen in nie en kom neer op McKinsey wat probeer om homself te verontskuldig,” het Mazzone gesê.

Meer oor:  Mckinsey  |  Da  |  Eskom  |  Natasha Mazzone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.