Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Meer as 50 Weskus-mense kry titelaktes by Cyril

Grondhervorming het ’n verskil gemaak in die lewens van honderdduisende Suid-Afrikaners wat van hul geboortereg ontneem is, het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto’s: Twitter

Hy het gepraat in Vredendal voordat hy meer as 50 titelaktes aan families van Ebenhaeser en Beeswater in die Wes-Kaap oorhandig het.

Die president het titelaktes vir 3 990 ha kommersiële plaasgrond oorhandig.

Ramaphosa het in Afrikaans gesê hy is baie bly om vandag (Saterdag) daar te kon wees en het die gebeure as ’n historiese kwessie bestempel.

“Die droom wat jul voorouers gehad het om dié mooi land aan sy regte mense terug te besorg, word vandag hier in die tent ’n werklikheid.

“Dit is die grond wat ons mense nog altyd gekoester het. Die gekoesterde grond waarop hulle kan leef en kan werk en wat vir hulle ’n lewensbestaan kan gee.”

Die president het gesê hy is veral bly om te sien daar is so baie jong mense, want dit is die jeug wat die land vorentoe moet neem en moet herstel na sy voormalige glorie.

Rampahosa sê uit die 422 eise in dié gebied wat einde Februarie nog uitstaande was, is 392 nou afgehandel.

Hy skryf die afhandeling van die grondeise toe aan die amptenare en afgevaardigdes van die departement van grondhervorming en die kantoor van die kommissaris van grondeise.“Met die oorhandiging van die grond deel ons ’n gemeenskaplike doel om die lewens van alle Suid-Afrikaners te verbeter. Die proses het gewys wat ons kan bereik as ons almal saamwerk as ’n nasie.”

Ramaphosa het ook gesê die demokratiese regering het ’n verantwoordelikheid om die bitter nalatenskap van apartheid reg te stel.

Inwoners van onder meer Ebenhauser, Beeswater, Rooiberg, Rooikamp, Vaalplaas en Paternoster het die oorhandiging van die titelaktes bygewoon.

Hy sê ook wanneer foute van die verlede reggestel word, moet daar ook gekyk word na die huidige uitdagings soos armoede, werkloosheid en ongelykheid.

Ramaphosa het die lof van plaaswerkers besing en gesê dit is die hande van die plaaswerkers wat op die lande werk, wat kos op ons tafels sit.

“Sonder die plaaswerkers oor die land heen, kan plase nie produseer of uitvoer nie. Daar word dikwels op plaaswerkers neergesien, maar ek wil vandag namens almal in die land die plaaswerkers van die Weskus bedank.”

Die begunstigdes van die aktes wat uitgedeel is, is die regstreekse afstammelinge van die Griekwa-gemeenskap wat hulself in 1926 hier gevestig het.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Vredenburg  |  Weskus  |  Titelaktes  |  Grondhervorming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.