Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Meerderheid gekant teen verandering aan Grondwet’

Met minder as ’n maand oor vir die publiek om skriftelike voorleggings te doen oor of die Grondwet gewysig moet word of nie om die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak, is 88% van deelnemers van ’n aanlyn meningspeiling gekant teen só ’n wysiging.

Dié meningspeiling deur Dear South Africa, ’n organisasie sonder winsbejag en aanlyn platform wat hom beywer vir openbare deelname in die formulering van regeringswetgewing en -beleid, volg nadat die parlement vroeër aangekondig het die spertyd vir skriftelike voorleggings vir die 18de Wysigingswetsontwerp is 31 Januarie 2020.

Dr. Mathole Motshekga, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee wat die beoogde wysiging van die Grondwet moet dryf, het vroeër in ’n verklaring gesê die doel van die wetsontwerp is om die Grondwet te wysig om voorsiening te maak dat grond en enige verbeterings daarop vir die doel van grondhervorming sonder vergoeding onteien kan word.

Geskrewe voorleggings kan gerig word aan Mr. V. Ramaano, Derde Vloer, 90 Pleinstraat, Kaapstad, 8000.

Stuur ook e-pos aan section25@parliament.gov.za

Foto: Gallo Images/Getty Images

Intussen het John Hutchinson, besturende direkteur van Dear South Africa, in ’n verklaring gesê sy organisasie verskaf ’n regstreekse regeringskakel wat die publiek in staat stel om ’n sê te hê oor die wetsontwerp.

“Van die byna 60 000 inskrywings wat ons (aanlyn) geprosesseer het, is 88% (van deelnemers) gekant teen die wysiging, terwyl 8% ten gunste daarvan is en 4% dit nie ten volle ondersteun nie.”

Hutchinson het bygevoeg Dear South Africa se meningspeiling is nie eensydig nie. “Dit omdat die regering petisies as een enkele voorlegging hanteer ondanks hoeveel ondertekenaars daar is.

“Ons amptelike stelsel verseker dat elke kommentaar individueel ingedien, geregistreer, erken en oorweeg word in die parlement se besluitnemingsproses.”

Intussen is daar vroeër berig hoe die EFF, een van die dryfvere agter onteiening sonder vergoeding, die parlement daarvan beskuldig het dat hy nie genoeg publisiteit gegee het aan die wysigingswetsontwerp wat onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is nie.

Die EFF het in ’n verklaring gesê dat die parlement die situasie vererger het deur dit kort voor Kersfees te publiseer. Die party het ’n beroep op sy ondersteuners en gemeenskappe gedoen om in groot getalle kommentaar op die wetsontwerp te lewer. Hy het ook bygevoeg as onteiening sonder vergoeding ’n werklikheid word, sal dit ’n historiese oorwinning wees wat nodig is om die land “van kolonialisme te bevry”.

Meer oor:  Grondonteiening  |  Grondwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.