Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Meisietjie steel kalklig by Ramaphosa
’n Klein meisietjie het Saterdag die kalklig in KwaZulu-Natal by pres. Cyril Ramaphosa gesteel.

’n Klein meisietjie het Saterdag die kalklig in KwaZulu-Natal by pres. Cyril Ramaphosa gesteel.

Karusha Govender het ’n briefie geskryf aan die president wat hy voorgelees het toe hy mense in Chatsworth, Durban, toegespreek het.

Met Karusha op sy arm, het Ramaphosa gelees: “Hallo meneer die president – dis ek (terwyl die mense lag) – Nkosi Sikelel’ iAfrika, ek is lief vir jou, jy is die beste president – dis ek (nog ’n gelag).”

“Die brief kom van dié lieflike jong dame, en ek vat jou saam met my huis toe,” het Ramaphosa geskerts.

Toe het Ramaphosa gehoor Karusha wil ook ’n paar woorde sê.

Die president het gehelp om die mikrofoon by haar te kry voordat sy in ’n helder stem gesê het: “Hallo, pres. Cyril Ramaphosa, hoe gaan dit vandag? My naam is Karusha Govender. Ek het op TV gesien jy hou daarvan om te stap. Kom stap asseblief saam met my terwyl ek op my fiets ry.”

Daarna het Karusha vir Ramaphosa gevra om “Suid-Afrika die beste land in die hele wye wêreld te maak. Dankie. Ek is lief vir jou.”

Ramaphosa het die mense toegespreek as deel van die ANC se Gesprekke met die president-inisiatief.

In sy toespraak het Ramaphosa gepraat oor hoe lief oudpres. Nelson Mandela vir Chatsworth was en hoe dié gemeenskap ’n baie spesiale plek in sy hart gehad het.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Anc  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.