Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Mense stem saam met my, maar hulle is bang’

“Daar is baie mense wat met my saamstem, maar hulle is te bang om te praat,” sê Petrus Sito, die Vrystater wat Woensdag ’n memorandum aan die presidensie oorhandig het om vir die behoud van art. 25 van die Grondwet te pleit.

Sito het Woensdag, nadat hy die memorandum by die Uniegebou kon oorhandig, teruggery Bultfontein toe.

Petrus Sito met die bewys van ontvangs dat hy die memorandum by die Uniegebou oorhandig het. Foto: Alet van der Walt

Sito sê hy het die afgelope tyd in al nege provinsies plaaswerkers en mense op die platteland besoek en “maklik 80% of 90%” van dié mense is baie bekommerd oor die regering se planne.

“Dit is my hart wat praat, maar mense is bang om te praat, want ons word gedreig. Ek word van private nommers af gebel en met die dood gedreig.”

Sito sê toe hy in Julie vanjaar begin het om plaaswerkers te besoek is hy deur politieke partye geld aangebied om sy veldtog te laat vaar, maar nou word hy met die dood gedreig.

Sito het Dinsdagnag in sy motor naby die Uniegebou geslaap toe drie mans hom aangeval het.

“Hulle het gesê ek moet op die grond lê en het ’n wapen op my gerig.”

Een van die mans het vir die een met die vuurwapen gesê hy moet my doodmaak, maar die Here het my beskerm.

“Hulle het vir my gesê ek moet dit waarmee ek besig is, stop,” vertel Sito buite Hennenman waar hy ’n boer, Jaco de Villiers, besoek het.

Die aanvallers het ook die voorruit van sy motor met klippe uitgegooi, maar weldoeners het hom gehelp om dit te vervang.

Hy het baie steun van mense gekry wat gehoor het waarom hy in Pretoria is, sê Sito.

De Villiers het Donderdag vir Sito gesê hy moet ’n plan kry om aan die regering te gee om die grondkrisis af te weer.

“Zimbabwiërs sê vir my ‘jy moet hierdie onteiening stop, kyk hoe lyk ons land, daar is nie kos nie’,” sê Sito.

Ek verstaan hoe besighede afhanklik is van boerdery en dat almal gaan swaarkry as die ding gebeur.

Die presidensie het Woensdag Sito se memorandum wat aan pres. Cyril Ramaphosa gerig is, ontvang.

Sito vra onder meer dat art. 25 behou moet word, dat boere se grond nie onteien moet word nie en dat die regering moet begin om vir mense werk te skep.

Hy wag nou vir terugvoer van die president af, maar intussen besoek hy boere en plaaswerkers om steun vir sy veldtog te werf.

Sito, wie se ouers plaaswerkers is, sê hy het voorheen as onderdele-bestuurder by Senwes gewerk en tot onlangs by John Deere in Newcastle.

“Ek verstaan hoe besighede afhanklik is van boerdery en dat almal gaan swaarkry as die ding gebeur,” sê hy.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Petrus Sito  |  Pretoria  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.