Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Menseregtedag ’n dag vir hoop, sê Winde

Menseregtedag is ’n dag om ons rug op verlies en wanhoop te draai en om hoop terug te bring na die Wes-Kaap.

So sê Alan Winde, Wes-Kaapse premier, Sondag op Menseregtedag. Dié dag word Maandag gedenk.

“Ons sal hoop terugbring deur alles in ons vermoë te doen om Covid-19 te verslaan, deur die ekonomie te laat groei en werk te skep, deur veiliger gemeenskappe in die hele provinsie te verseker en deur elkeen met die waardigheid te behandel wat hulle verdien,” sê Winde in ’n verklaring.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier. Foto: Facebook/Alan Winde

Winde sê volgende week is die hartseer herdenking van die eerste Covid-19-verwante sterfte in die provinsie en die aankondiging van die nasionale inperking wat die lewensbestaan van baie Suid-Afrikaners vernietig het.

“Meer as 11 400 mense is tot op hede dood weens Covid-19-infeksies in die Wes-Kaap. Tienduisende mense het hul werk verloor en is honger.

“Dit was inderdaad ’n tyd van groot verlies en pyn vir soveel mense in die Wes-Kaap, en gevolglik ’n hamerhou vir die basiese regte wat al ons mense verdien.

“Terwyl ek vandag nadink oor Menseregtedag en die persoonlike opofferings wat soveel mense gemaak het om te veg vir vryheid in Suid-Afrika, besef ek dat ons nie ’n gebrek het aan moed in Suid-Afrika nie.

“Dit bestaan in elke gesin en gemeenskap, en in elke dorpie en stad.”

Sharna Fernandez, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap, het mense herinner dat Menseregtedag saamval met Wêreld-Downsindroomdag.

“Menseregtedag herdenk en vereer diegene wat geveg het vir die regte en vryheid wat alle Suid-Afrikaners vandag geniet. Wêreld-Downsindroomdag is ’n wêreldwye bewusmakingsinisiatief wat sedert 2012 deur die Verenigde Nasies ondersteun word,” sê sy in ’n verklaring.

Terwyl ek vandag nadink oor Menseregtedag en die persoonlike opofferings wat soveel mense gemaak het om te veg vir vryheid in Suid-Afrika, besef ek dat ons nie ’n gebrek het aan moed in Suid-Afrika nie.

Downsindroom is ’n genetiese toestand wat voorkom wanneer ’n individu met ’n ekstra chromosoom gebore word. Die ekstra chromosoom beïnvloed die ontwikkeling van die brein en liggaam, wat lei tot ontwikkelingsagterstande, intellektuele gestremdheid en ’n verhoogde risiko vir sekere mediese toestande.

“Ter viering van hierdie twee spesiale geleenthede wat op dieselfde dag plaasvind, wil die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling sy verbintenis tot die bevordering van die welstand, waardigheid en inklusiwiteit van intellektueel gestremde persone beklemtoon.

“Almal van ons het ’n rol om familielede, vriende en ander te onderrig oor die hindernisse en uitdagings waardeur persone met intellektuele gestremdhede in die gesig gestaar word. Dit is ook belangrik dat die stemme van mense met gestremdhede gehoor word,” sê Fernandez.

Sy sê vir die huidige boekjaar is R169 miljoen begroot vir ontwikkeling van maatskaplike dienste vir mense met gestremdhede, hul gesinne en versorgers.

Dienste wat deur die departement en sy vennote gelewer word, sluit in bewusmakingsveldtogte en opvoedkundige programme, ondersteunende en terapeutiese dienste, ondersteuningsprogramme vir gesinne en versorgers, beskermde werksessies en dienste vir tuisversorging.

Meer oor:  Menseregtedag  |  Alan Winde  |  Wes-Kaap  |  Verlies  |  Hoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.