Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mentor terug voor Zondo-kommissie

Vytjie Mentor, ’n voormalige ANC-LP, is Maandag terug voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Sy is die eerste getuie wat by dié kommissie in kruisverhoor geneem gaan word.

Luidens ’n verklaring deur die kommissie sal Mentor terugkeer om haar getuienis af te handel waarna sy in kruisverhoor geneem gaan word deur diegene wat toestemming gekry het om dit te doen.

Duduzane Zuma, oudpres. Jacob Zuma se seun, asook Fana Hlongwane, ’n sakeman, sal haar in kruisverhoor neem.

Twee van die Gupta-broers het ook aansoek gedoen om Mentor te ondervra, maar adjunkhoofregter Raymond Zondo het dit van die hand gewys. Dié besluit is geneem omdat die Guptas weier om in Suid-Afrika te kom getuig en dit van elders wil doen.

Mentor het in Augustus verlede jaar getuig die Guptas het haar by hul huis in Saxonwold die pos as minister van openbare ondernemings aangebied. Ajay Gupta het gesê sy kan die pos kry as sy die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se roete tussen Johannesburg en Mumbai kanselleer sodat Jet Airways, ’n Gupta-maatskappy, kon baat vind.

Sy het ook beweer dat sy aan Duduzane voorgestel is deur die Gupta-broers en dat Zuma by die Guptas se huis was toe sy die vergadering met Ajay gehad het.

Mentor het voorheen by die kommissie getuig dat sy dalk ’n fout gemaak het toe sy ’n man, aan wie sy voorgestel is deur Duduzane, verkeerdelik geïdentifiseer het as Fana Hlongwane.

Sy het in ’n brief aan die kommissie erken sy het ’n fout gemaak toe sy Hlongwane geïdentifiseer het.

Meer oor:  Vytjie Mentor  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.