Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Miljoene van Digital Vibes bevries

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) is ’n bevel toegestaan waarvolgens R22 miljoen van die bank- en beleggingsrekeninge van die KwaZulu-Natalse maatskappy Digital Vibes bevries kan word.

Dit volg ná ’n voorlopige ondersoek rondom die tenderskandaal waarin ’n onreëlmatige kontrak van R150 miljoen aan dié maatskappy toegeken is vir die lewering van kommunikasiedienste vir die departement van gesondheid.

Luidens ’n bevel van die spesiale tribunaalhof word onder andere die werknemers Tahera Mather en Naadhira Mitha ook verbied om die geld in die betrokke rekeninge te hanteer.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, se politieke loopbaan is in die gedrang weens bewerings van korrupsie wat verband hou met ’n kontrak met Digital Vibes. Foto: Gallo Images

Albei het bande met dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, wat vroeër vandeesmaand weens die skandaal op spesiale verlof geplaas is.

Luidens die SOE sal hy die spesiale tribunaalhof binne 30 werksdae nader om hersieningsverrigtinge te begin en om ’n bevel te kry om geld te verhaal wat die staat weens die onreëlmatige kontrak verloor het.

Luidens die SOE het sy voorlopige ondersoek op twee “hoogs onreëlmatige en onwettige transaksies” gedui wat verband hou met Digital Vibes se aanstelling vir die lewering van kommunikasiedienste vir die Nasionale Gesondheidsversekering en rondom die Covid-19-pandemie.

Volgens die SOE is laasgenoemde kontrak bloot ’n verlenging van die eerste een, hoewel dit geskied het in omstandighede waar só ’n verlenging onwettig was.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Digital Vibes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.