Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Minimum loon op 1 Januarie van krag

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag op ’n seremonie in Kliptown, Soweto, aangekondig dat die nasionale minimum loon van R20 per uur op 1 Januarie 2019 in werking tree.

Die plek waar Ramaphosa die aankondiging gemaak het, is van historiese belang omdat die ANC se Vryheidsmanifes in 1955 daar aanvaar is en daar ook toe die eerste keer vir ’n minimum loon gevra is.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Ramaphosa het in November die wetgewing goedgekeur vir ’n maandelikse minimum loon van R3 500 vir werkers in die meeste kategorieë, maar hy het nie toe gesê wanneer dit in werking sal tree nie.

Die seremonie in Kliptown is Vrydag deur verteenwoordigers van die sakesektor, georganiseerde arbeid en gemeenskapsgroepe bygewoon.

Die nuwe wetgewing behels ’n verpligte betaling van R20 per uur, maar vir plaaswerkers word dit ingefaseer teen R18 per uur, en vir huiswerkers teen R15 per uur.

Ramaphosa was die aanvanklike dryfkrag agter die nuwe wetgewing nadat hy in 2014 deur oudpres. Jacob Zuma aangestel is om die arbeidsomgewing te stabiliseer.

Tanya Cohen, uitvoerende hoof van Business Unity SA, het vroeër gesê dat ’n stabiele arbeidsmark in kombinasie met ’n minimum loon ’n positiewe beeld van Suid-Afrika aan die kredietgraderingsagentskappe sal uitdra.

Volgens Cohen vul die minimum loon die gaping tussen wat maatskaplik aanvaarbaar is en wat ekonomies haalbaar is.

Zingiswa Losi, president van Cosatu, het gesê dat die helfte van die nasie regstreeks voordeel uit die minimum loon sal trek omdat 47% van die arbeidsmag tans minder as dit verdien. Hy glo ook dat die minimum loon as stimulus sal dien om die ekonomie weer aan die gang te kry.

Thulani Tshefuta van die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) sê dat die minimum loon saam met die Nasionale Gesondheidsversekering en die voorstel vir omvattende maatskaplike welstand wat tans in dié raad bespreek word, saam onder oë geneem moet word.

Meer oor:  Pres. Cyril Rama­Phosa  |  Soweto  |  Kliptown  |  Minimum Loon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.