Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Minister besoek afgesette Klein Akker-gesinne

Die gesinne wat van die Klein Akker-plaas in Kraaifontein afgesit is, kan net tydelik op die Mesco-staatsplaas woon, het Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gesê.

Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gee kospakkies aan inwoners wat tydelik op die Mesco-staatsplaas bly.Foto: Verskaf

Hy het Maandag saam met die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers kospakkies aan die afgesette gesinne uitgedeel.

Die grond waarvan hulle afgesit is asook omliggende eiendomme in Kraaifontein is vir die ontwikkeling van ’n groot nywerheidspark geoormerk. Dit sal een van die grootstes in sy soort in die Wes-Kaap wees.

Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gee kospakkies aan inwoners wat tydelik op die Mesco-staatsplaas bly.Foto: Verskaf

Skwatsha het gesê die gesinne sal net tydelik op die plaas Mesco gehuisves word terwyl ’n permanente oplossing gesoek word.

“Die is slegs ’n tydelike reëling. Die plaas is nie geskik vir menslike verblyf nie en die toestande is ongunstig, maar dis ten minste beter as om op straat te slaap,” het hy gesê.

Die afgesette inwoners het aanvanklik langs die pad geslaap nadat hulle die grond ingevolge ’n hooggeregshofbevel moes ontruim.

Oor regstappe waarmee sekere groepe Skwatsha dreig omdat hy die gesinne op Mesco geplaas het, het hy gesê hy sal enige hofuitspraak respekteer.

“Ek is deurlopend in gesprek met alle belanghebbendes om alternatiewe reëlings vir die gesinne van Klein Akker te tref.”

Skwatsha het gereël dat Gift of the Givers bystand verleen aan die sowat 93 huishoudings wat tydelik op die plaas hervestig is.

Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gee kospakkies aan inwoners wat tydelik op die Mesco-staatsplaas bly.Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.