Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Minister lê sweep in oor swak landbou-amptenare

Géén landbou-departement sal van pres. Cyril Ramaphosa se stimuluspakket-geld kry as hy nie oor personeel met vaardighede beskik wat projekte self kan implementeer nie.

Só het Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, Dinsdag in die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein gewaarsku op die agtste tweejaarlikse nasionale grondbewaringskonferensie.

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en vissery, Dinsdag aan die woord. Foto: Dan Xangaza

Hy het voor sowat 1 000 afgevaardigdes skerp kritiek uitgespreek op die verskillende landboudepartemente in die land en die laksheid van landbou-amptenare.

Dit is ’n skande dat landboudepartemente van implementeringsagente gebruik maak om hul projekte te bestuur.

“Behalwe dat dit duur is, verloor departemente heeltemal beheer oor wat by projekte aan die gang is.”

Hy het Noordwes as voorbeeld gebruik waar nie een landbouprojek self bestuur word nie.

Zokwana het sy teleurstelling uitgespreek omdat so min LUR’e en departementshoofde vandeesweek na die grondbewaringskonferensie gekom het.

Zokwana het gesê iets wat hom dwars in die krop steek, is die “silo-mentaliteit” van die landbou-LUR’e en departementshoofde.

“Hoewel daar drie sfere van regering is, is ons almal een regering. Ons moet leer om hulpbronne te deel.”

Hy het gesê landboudepartemente kort goeie hoofde.

“Ons benodig ’n goeie leierskorps wat werkskepping kan verhoog en wat progressiewe grondbewaringsprogramme kan instel.”

Dit help nie dat die hoofde van landboudepartemente nie weet waaroor grondbewaring gaan en wat die regering se planne daaroor is nie.

Hy het gesê gronderosie moet teëgewerk word en grond wat so vernietig is dat daar nie meer doeltreffend op geboer kan word nie, moet herstel word.

Zokwana het gesê 58 267 hektaar grond kon in die afgelope twee jaar in Suid-Afrika gerehabiliteer word en 4 496 werkgeleenthede kon so geskep word.

Elke sent wat vir grondbewaring beskikbaar gestel word, moet daarvoor gebruik word.

“Die landbousektor se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk het gedaal. Ons moet weer gaan nadink oor hoe dit verhoog kan word.

“Landbou-amptenare moet besef hulle is die soldate teen armoede en werkloosheid. Hulle is die soldate wat eerlik vir die saak moet werk. Hul telefone moet nie bedags af wees as hulle gebel word nie.”

Hy het gesê daar moet gevolge wees vir swak werk deur landbouamptenare.

Zokwana het gesê mense voel bedreig deur die grondhervormingsbeleid, “maar dit is net om die foute wat met swart boere in die verlede gemaak is, reg te stel.

“Alle boere moet die grond deel en geen kultuur of taal moet hulle verdeel nie. Doen wat die beste vir die land is.”

Zokwana het ook sy kommer uitgespreek omdat 16% van die poste in sy departement vakant is.

“Dit is moeilik om mense met nuwe vaardighede vir die departement in diens te neem, as sommige personeellede sulke groot salarisse verdien.”

Hy het gesê daar is slegs 3 000 landbou-amptenare in die hele land om die boere oor klimaatsverandering en ander landboukwessies op te lei.

Veeartse is ook so skaars soos hoendertande.

Zokwana het gesê 58 267 hektaar grond kon in die afgelope twee jaar in Suid-Afrika gerehabiliteer word en 4 496 werkgeleenthede kon so geskep word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.