Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Minister maan teen onwettige grondbesetting
Maite Nkoana-Mashabane

Suid-Afrikaners moet hulle daarvan weerhou om grond landwyd onwettig te beset al is hulle desperaat om grond te bekom.

Dit was Vrydagoggend die pleidooi deur Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, aan onwettige grondbesetters toe sy die media in die parlement toegespreek het. Sy sou later in die dag haar departement se begrotingsrede lewer.

Volgens Nkoana-Mashabane steun haar departement ten volle die ANC se resolusie oor die onteiening van grond sonder vergoeding.

“Ons het egter die afgelope ruk die landwye onwettige besetting van grond gesien. Ons doen ’n beroep op ons mense om op te hou met hierdie onwettighede. Ons verwerp hierdie optrede ten sterkste.

“Mense is verstaanbaar desperaat om grond in die hande te kry. Hulle moet egter geduldig wees en wag vir die huidige regeringsprosesse (soos die parlement se openbare konsultasieprosesse om die Grondwet te wysig om die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak).

“Die regering is net so ongeduldig om grond aan ons mense terug te gee, maar ons moet die grondwetlike prosesse volg,” het sy gesê.

*Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Gronddebat  |  Grond  |  Grondgryp  |  Grondbesetting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.