Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Minister retireer weer oor universele toelaag
Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het remme aangeslaan ná haar uitlating dat ’n nuwe universele maatskaplike toelaag ter tafel gelê word.

Zulu het Maandag op ’n mediakonferensie aangekondig dat die regering ’n maatskaplike toelaag oorweeg vir mense tussen die ouderdom van 18 en 59 wat nie vir enige ander toelaag kwalifiseer nie.

Sy het Dinsdag by navraag egter benadruk daar moet nog baie tyd verloop voordat só ’n toelaag realiseer. Dit sal ook daarvan afhang of die regering die geld daarvoor het.

“Die beskikbaarheid van hulpbronne bly ’n groot uitdaging. Hoewel die onderhandelinge daaroor sal voortgaan, kan ons geen beloftes maak nie,” sê Zulu.

Volgens haar is die kwessie oor ’n universele toelaag reeds in 2002 in ’n verslag van die departement van maatskaplike ontwikkeling geopper. Destyds was die beskikbaarheid van geld ook ’n probleem.

Die ekonoom Mike Schüssler sê Suid-Afrika kan nie ’n universele toelaag bekostig nie omdat ’n bykomende twee miljoen mense dan van toelae afhanklik sal wees.

Zulu sê die ouderdomsgroep wat oorweeg word vir die moontlike toelaag word tans oor die hoof gesien omdat dié groep dikwels nie vir enige ander toelaag kwalifiseer nie.

“Dit is ’n probleem, want armoede in die land en werkloosheid is aan die toeneem en Covid-19 sal die situasie vererger. Daarom moet ons opsies oorweeg.”

Sy hoop die voorstel van ’n universele toelaag sal deur die ANC se komitee vir maatskaplike transformasie, waarvan Lindiwe Sisulu die voorsitter is, en die komitee vir ekonomiese transformasie, waarvan Enoch Godongwana die voorsitter is, oorweeg word.

“Van die regering se kant sal ons vra dat die parlementêre portefeuljekomitee ook na die kwessie kyk. Ons sal ook ander opsies bespreek,” sê Zulu.

Die ekonoom Mike Schüssler sê Suid-Afrika kan nie ’n universele toelaag bekostig nie omdat ’n bykomende twee miljoen mense dan van toelae afhanklik sal wees.

“Die toelae sal op die een of ander manier befonds moet word en die regering kan nie regtig die persoonlike inkomstebelasting of maatskappybelasting verder verhoog nie.”

Volgens hom sal enige verdere belastingverhogings maatskappye die land laat verlaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.