Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Minister trek reaksie terug weens ‘fopnuus’

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het Sondag sy reaksie teruggetrek op uitsprake wat die Britse regering oor grondonteiening sou gemaak het, nadat hy vasgestel het dat dit vals nuus is.

“Dit is nou amptelik aan my oorgedra dat die bewering inderwaarheid ‘vals nuus’ is en dat die Britse regering nie enige voorbehoude oor Suid-Afrika se standpunt oor grondonteiening sonder vergoeding uitgespreek het nie,” sê Mthethwa in ’n verklaring.

Mthethwa sê hy trek sy reaksie terug “met erkenning en waardering vir die uitstekende verhouding en diep vriendskapsbande” tussen Brittanje en Suid-Afrika.

Mthethwa het in Maart nuusberigte aanlyn gelees oor die beweerde stellings deur die Britse regering. Hy het op Menseregtedag daarop gereageer deur te verwys na Suid-Afrika se reg op selfbeskikking.

Die Britse regering het daarna in “amptelike kommunikasie” laat weet dat hulle nie die sienings handhaaf wat in die berigte beweer word nie.

Mthethwa het dus sy reaksie onttrek.

Meer oor:  Nathi Mthethwa  |  Grondonteiening  |  Grondgryp  |  Gronddebat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.