Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ministers ‘ál meer geheimsinnig’ in hul optrede

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, se “geheimsinnigheid” én gebrek aan aanspreeklikheid aan die parlement oor die pryse van Covid-19-entstowwe en ander aspekte rondom Suid-Afrika se inentingsprogram, moet in die kiem gesmoor word.

Floyd Shivambu, EFF-LP, het Donderdag so op ’n sitting van die Nasionale Vergadering (NV) se programme-komitee gesê.

Floyd Shivambu Foto: Daily Sun

Dít nadat hy Woensdag ook amptelik ’n griefskrif daaroor aan Thandi Modise, NV-speaker, gestuur het waarin hy versoek het dat daar opgetree word teen ministers wat nie hul grondwetlike pligte daaroor nakom nie.

Ander LP’s in die programme-komitee het ook klagtes geopper oor Mkhize, sowel as ander ministers wat verantwoordelik vir die regulasies van die staat van inperking is, insluitend dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), se traagheid om betyds op parlementêre vrae oor hul onderskeie portefeuljes te reageer.

Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die NV, het beloof dat hy die aangeleentheid onder adj.pres. David Mabuza, leier van regeringsake in die parlement, en selfs ook pres. Cyril Ramaphosa, se aandag sal bring om betrokke ministers daaroor aan te spreek.

Shivambu het verder gesê hy het aan Modise geskryf om “die kommerwekkende neiging van veral die minister van gesondheid in die kiem te smoor”.

“Hy weier om parlementêre vrae te beantwoord op grond van wat hy ‘nie-openbaarmakingsooreenkomste’ noem”.

Volgens Shivambu is dit nie binne ministers se grondwetlike pligte om ooreenkomste aan te gaan waaroor hulle nie aanspreeklik teenoor die parlement kan wees nie.

Hy weier om parlementêre vrae te beantwoord op grond van wat hy ‘nie-openbaarmakingsooreenkomste’ noem.

Hy hy bygevoeg dat die parlement daarom leiding aan ministers moet gee sodat hulle nie geheimsinnig teenoor die parlement kan wees nie en LP’s verhoed om ’n toesighoudende rol oor hulle te speel nie.

“As dit toegelaat word, kan baie departemente, indien nie almal nie, besluit om ook op grond van nie-openbaarmakingsooreenkomste nie verantwoording aan die parlement te doen nie.”

Hy meen duidelikheid en eerlikheid teenoor die parlement is veral nou met die inentingsprogram nodig. “Oor hoeveel presies die staat vir entstowwe betaal en alle ander kwessies wat daarmee te doen het,” het Shivambu bygevoeg.

Hlengiwe Mkhaliphi, nog ’n EFF-LP, het gesê bogenoemde aangeleentheid is Woensdag ook op ’n vergadering van party-hoofswepe geopper. “Ons is ook in ’n erge krisis in terme van plaaslike regerings en die Cogta-minister misluk net so om LP’s se vrae te beantwoord.”

Ahmed Shaik Emam, NFP-LP, het bygevoeg dat dit kommerwekkend is dat dit dieselfde ministers is wat óf vrae laat óf nooit beantwoord nie.

Hope Papo, Mabuza se parlementêre adviseur, het gedurende die komitee-sitting gesê dat Mabuza gereeld die aangeleentheid op kabinetsvergaderings onder ministers se aandag bring.

Tsenoli het bygevoeg dat hy in die vorige parlementêre termyn selfs sover gegaan het om oortredende ministers persoonlik te bel om hulle daaroor aan te spreek.

Hy het bygevoeg dat die reëlskomitee ook sy meganismes hieroor moet versterk, terwyl hy sal aanbeveel dat Modise die betrokke ministers se name in ’n verklaring in die NV openbaar moet maak en dringend teenoor hulle laat optree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.