Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ministers moet dalk getuig oor Gupta-burgerskap
Sowel oud- as huidige ministers, soos Malusi Gigaba, kan geroep word om voor die geregtelike kommissie van ondersoek na die toekenning van burgerskap aan die Gupta-familie te verskyn. Foto: Felix Dlangamandla

’n Voorlopig breedvoerige verslag oor die werksaamhede van die geregtelike kommissie van ondersoek na die toekenning van burgerskap aan die Gupta-familie is Dinsdag aan LP’s in Kaapstad voorgelê.

Luidens die verslag kan oudministers, onder wie die voormalige ministers van binnelandse sake Mangosuthu Buthelezi (1994-2004) en Nosiviwe Mapisa-Nqakula (2004-2009), geroep word om voor die kommissie te getuig oor wat hulle weet van die toekenning van burgerskap aan lede van die omstrede Gupta-familie, aangesien sommige belangrike inligting ontbreek wat veronderstel was om by die departement op rekord te wees.

Ook huidige ministers, onder wie Malusi Gigaba, kan gevra word om verder lig te werp op die ondersoek.

In die verslag het die ondersoekspan ook vrae ingesluit wat aan getuies gestel sal word. Een van die vrae behels waarom dit net ’n maand geneem het (van April 2015 tot Mei 2015) om Ajay Gupta se aansoek om burgerskap goed te keur.

Die ondersoekspan wil ook weet met watter permitte Atul en Rajesh Gupta tussen 1994 en 1998 Suid-Afrika binnegekom het.

Meer oor:  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.