Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Misdaadhoof se skorsing opgehef, dadelik verplaas

Die skorsing van die polisie se hoof van misdaadintelligensie, lt.genl. Peter Jacobs, is Woensdag opgehef.

Die arbeidshof in Gauteng het die polisie ook beveel om sy regskostes te betaal.

Hy is egter in ’n brief van genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, uit die misdaadintelligensie-afdeling verplaas.

Sitole het Woensdagoggend twee briewe aan Jacobs gestuur. In die een word hy in kennis gestel dat sy skorsing opgehef word. In die tweede word Jacobs in kennis gestel dat hy met onmiddellike effek na die inspektoraat-afdeling verplaas word.

Volgens die brief, wat Netwerk24 onder oë gehad het, is die besluit “in die beste belang van die polisie en dienslewering aan Suid-Afrika”.

Lt.genl. Peter Jacobs

Bronne het egter Woensdag gesê Jacobs se verplasing is kwaadwillig en strydig met aanvaarbare arbeidspraktyke.

“Daar is geen rede om Jacobs te verplaas nie, buiten dat dit is om hom uit misdaadintelligensie te kry sodat hy nie die vergrype daar verder kan ondersoek nie en vir Sitole om vir hom te wys hy is die baas.”

Jacobs moet hom Donderdag by die inspektoraat-afdeling aanmeld.

Hy en vyf van sy kollegas by misdaadintelligensie het hulle verlede Woensdag gewend tot die arbeidshof nadat dit geblyk het dat hulle nie ’n regverdige tugverhoor gaan kry nie.

Nadat die polisie teen Vrydag nog nie aangedui het of hy die saak gaan teenstaan of alternatiewelik opponerende hofstukke ingedien het nie, het die arbeidshof Woensdag gelas dat die polisie Jacobs en sy kollegas se regskostes tot op datum betaal.

Die staatsprokureur het verlede week in sy skrywe aan Jacobs en die ander se regsverteenwoordiger aangedui dat die kennisgewing, waarin die polisie aandui dat hy die arbeidsgeskil gaan teenstaan, teen Donderdag 25 Februarie by die hof sal indien.

Hulle sou dan teen Vrydag 26 Februarie die opponerende stukke by die hof ingedien het. Dit is glad nie gedoen nie.

Die polisie het nou kans tot 13 Maart om sy hofstukke in te dien.

Jacobs en sy kollegas genl.maj. Maperemisa Lekalakala, brig. Deon Lombard, kol. Isaac Waljee, kol. Manogaran Gopal en kol. Bale Matamela is in Desember op grond van ’n verslag van die inspekteur-generaal van intelligensie oor die aankoop van persoonlike beskermende toerusting geskors.

Die inspekteur-generaal het bevind dat die geld uit misdaadintelligensie se geheime rekening betaal is en as ’n onreëlmatige uitgawe beskou word.

Meer oor:  Misdaadintelligensie  |  Polisie  |  Skorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.