Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mislukte projekte en feeste knou VS, sê VF+
Tammy WesselsFoto: Netwerk 24

Mislukte projekte en niewinsgewende feeste kniehalter die departement ekonomiese ontwikkeling se werk in die Vrystaat, het Tammy Wessels, Vryheidsfront Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer, Maandag in ’n begrotingsdebat in Qwaqwa gesê.

Dit was toe die Vrystaatse departement van ekonomiese ontwikkeling, kleinsake, toerisme en omgewingsake (Destea) deur die wetgewer onder loep geneem is.

Wessels het gesê die departement van ekonomiese ontwikkeling se hoofdoel is om die ekonomie te stimuleer deur ’n gunstige klimaat vir entrepreneurskap en kleinsakeondernemings te skep. Dit moet die private sektor sodoende in staat te stel om werk te skep vir die gemeenskap van die Vrystaat en moenie self werk skep nie.

“Die staat kan nie die enigste werkskepper wees nie. Dit lei tot verhoogde salarisrekeninge terwyl die geld baie beter bestee kon word op dienslewering. Dit is nie volhoubaar nie.”

Sy het gesê feeste en projekte wat deur die departement aangebied en bestuur word, behoort ook selfonderhoudend te wees.

“Die Philip Saunders-oord naby Bloemfontein is in 2010 met R150 miljoen gerestoureer, maar staan vir die afgelope agt jaar in ’n toestand van verval as gevolg van swak bestuur.

“Miljoene rand word op die Blommefees in Parys bestee en hoewel dit noodsaaklik vir toerisme en omgewingsbewusmaking is om sulke vertoongeleenthede te hê, maak die fees geensins ’n wins nie.”

Miljoene rand word op die Blommefees in Parys bestee en hoewel dit noodsaaklik vir toerisme en omgewingsbewusmaking is om sulke vertoongeleenthede te hê, maak die fees geensins ’n wins nie.

Ook dit is volgens Wessels nie volhoubaar nie en baat slegs ’n paar individue as gevolg van opgeblaasde tenders vir goedere en dienste.

Die departement is ook veronderstel om buitelandse beleggings te bekom en te behou, maar projekte wat deur die buiteland gefinansier is, soos die Xhariep-visteelprojek, staan in onbruik en baat slegs ’n klein deel van die gemeenskap.

Die departement het verskeie doelwitte vir die komende jaar, maar die belangrikste hiervan moet wees die stimulering van die Vrystaat se ekonomie en werkskepping. Daarsonder sal geen projek van waarde wees nie, sê Wessels.

Meer oor:  Tammy Wessels  |  Qwaqwa  |  Vrystaat  |  Dienslewering  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.