Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mkhize moet aan Zondo gaan verduidelik, sê Montana
Lucky Montana Foto: Daily Sun

Die “woedende” reaksie van dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, op sy onthullings oor sy (Mkhize) en die ANC se beweerde betrokkenheid by tenderkorrupsie intimideer hom nie.

Dit was Dinsdagaand die reaksie van Lucky Montana, voormalige grootbaas van die Passasierspooragentskap (Prasa), nadat Mkhize die bewerings vroeër die dag as “ongegrond en vals” afgemaak het.

Hy het sê hy is bereid is om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping daaroor te getuig en oorweeg moontlike regstappe.

Dit kom nadat Montana Sondag in ’n eksklusiewe onderhoud met die joernalis Pieter-Louis Myburgh van Daily Maverick en sy ondersoekende eenheid, Scorpio, onthul het dat Mkhize destyds as tesourier-generaal van die ANC gereeld met Maria Gomes, ’n Angolese sakevrou, in haar destydse huis in Johannesburg vergader het.

Ek was teenwoordig by van die geleenthede waar hy gekom het om geld vir die ANC se 2014-verkiesingsveldtog te soek.

Dit was nadat Prasa ’n kontrak van R3,5 miljard aan Swifambo Rail Leasing toegeken het vir die omstrede treine wat toe nie op Suid-Afrika se spoornetwerk gepas het nie.

Similex, een van Gomes se maatskappye, het in 2013 en 2014 ’n R40 miljoen-deel van die Swifambo-kontrak gekry.

Montana het ook beweer dat Mkhize op dié vergaderings glo bankrekeningbesonderhede aan Gomes gegee het, waarin sy gevra is om geld ten bate van die ANC te deponeer.

Montana sê hy gaan ook daaroor voor die Zondo-kommissie getuig.

Dr. Zweli Mkhize Foto: Daily Sun

Ná Mkhize se reaksie Dinsdag het Montana in sy verklaring gesê hy is “teleurgesteld” in Mkhize se reaksie.

“Hy moet sy woede tot adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie, rig en nie op my nie.”

Montana sê hy is nie “geïntimideer” nie en Mkhize se reaksie is “oneerlik”.

Hy sê verder in sy verklaring dat Mkhize doelbewus vermy “om die werklike kwessie aan te raak”.

Dr. Mkhize moet ook verduidelik of daardie bankrekenings werklik aan die ANC behoort het.

“Dit is dat Maria en (haar man), Carlos Gomes, betrokke was by geldinsameling vir die ANC en dat hy, in sy hoedanigheid as tesourier-generaal, die egpaar se huis in Athol, Johannesburg, nie een of twee keer nie, maar ’n paar kere besoek het.

“Ek was teenwoordig by van die geleenthede waar hy gekom het om geld vir die ANC se 2014-verkiesingsveldtog te soek.

“Dr. Mkhize moet verduidelik waarom hy geld geëis het en rekeningbesonderhede aan Gomes verskaf het as die ANC nie (soos Mkhize aanvoer) ‘individue aangestel het om geld namens die ANC te ontvang en te kanaliseer nie’.

“Ontken hy dat die geld wat hy van Gomes ontvang het wel van Auswell Mashana (’n Swifambo-direkteur) kon gekom het?”

“Dr. Mkhize moet ook verduidelik of daardie bankrekenings werklik aan die ANC behoort het.”

Volgens Montana sien hy uit na “behoorlike antwoorde” van Mkhize op dié vrae aan die Zondo-kommissie.

Meer oor:  Lucky Montana  |  Zweli Mkhize  |  Tenderbedrog  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.