Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mkhize voor stok gekry oor stadige proses met inentings

Enkele dae voordat fase 2 van Suid-Afrika se inentingsprogram begin, moes dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, bontstaan om te verduidelik hoekom die land so agter is met dié program.

Hy het Donderdag in ’n parlementêre debat oor die departement se begroting vir die 2021-’22-boekjaar deurgeloop onder kritiek omdat net sowat ’n derde van die land se geraamde 1,2 miljoen mediese werkers tydens fase 1 ingeënt is.

Ek stem saam dat die tempo van inentings in Suid-Afrika kommerwekkend en onbevredigend is, maar die uitdagings was buite die regering se beheer.

Daar is aanduidings dat Suid-Afrika die risiko loop om vroeër as verwag getref te word deur ’n derde vlaag van koronavirus-infeksies.

Mkhize sê daar is R62,5 miljard vir die huidige boekjaar begroot, hoewel die kabinet die groen lig gegee het vir besnoeiings van R13 miljard op mediumtermyn.

“Ek stem saam dat die tempo van inentings in Suid-Afrika kommerwekkend en onbevredigend is, maar die uitdagings was buite die regering se beheer.

“Suid-Afrika is gereed om Maandag met die inenting van diegene van 60 jaar en ouer te begin, terwyl ’n parallelle proses sal voortgaan vir gesondheidswerkers.

“130 openbare persele vir inentings sal in die loop van die week in bedryf kom, terwyl private persele ook later geopen sal word.”

Volgens Mkhize sal daar teen Maandag ’n miljoen dosisse van die entstof van Pfizer-BioNTech in die land wees, terwyl hulle hoop dat die ouditprosesse van Johnson & Johnson so spoedig moontlik afgehandel sal word sodat sy eerste besending van ’n miljoen dosisse beskikbaar gestel kan word.

KYK OOK: Lang rye en frustrasie by inentingspunte

Siviwe Gwarube, DA-LP, het in haar spreekbeurt gesê die feit dat Suid-Afrika net sowat 1% behaal het van sy teiken om 40 miljoen mense in te ent, is 'n groot mislukking.

“Dit is omdat die regering gesloer het om entstof en prosesse gereed te kry om ons gesondheidswerkers te beskerm. Die doelwit om 40 miljoen mense in te ent, lyk tans bloot na ’n fantasie.”

Sophie Thembekwayo, EFF-LP, het gesê gegewe dat hospitalisering waarskynlik weer sal begin toeneem, moet Mkhize persoonlik aanspreeklik gehou word vir die Covid-19-sterftes wat deur inentings voorkom sou kon word.

Dit is omdat die regering gesloer het om entstof en prosesse gereed te kry om ons gesondheidswerkers te beskerm. Die doelwit om 40 miljoen mense in te ent, lyk tans slegs na ’n fantasie.

Magdalena Hlengwa, IVP-LP, het gesê Suid-Afrika vaar nie net swak met inentings vergeleke met ryk lande nie, maar ook met arm lande.

“In Brittanje het meer as 52% van die bevolking op 10 Mei minstens een dosis van die entstof ontvang en op dieselfde datum is 1,29% van die Namibiese bevolking ingeënt. In Suid-Afrika is slegs 0,67% van die bevolking ingeënt. Ons kan dit nie aanvaar nie,” het Hlengwa gesê.

Philip van Staden, VF Plus-LP, het gesê die regering moet ophou vinger wys na ryker lande wat entstofvoorraad opraap, en voor sy eie deur begin vee.

“Julle het ’n gemors gemaak deurdat teikens misgeloop is en doelpale verskuif is. Net gister het die adjunkminister van gesondheid gesê die 1,2 miljoen gesondheidswerkers sal binne twee weke ingeënt wees, al is net 400 000 van hulle reeds ingeënt en weet hy voor sy siel dit gaan nie gebeur nie,” het Van Staden gesê.

Julle het ’n gemors gemaak deurdat teikens misgeloop is en doelpale verskuif is.

Meer oor:  Inenting  |  Entstof  |  Fase 2-Inentings  |  Covid-19  |  Zweli Mkhize
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.