Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mmusi ‘nie enigste leier’ wat DA wil los

Mmusi Maimane, DA-leier, is blykbaar nie die enigste leier wat uit die DA wil padgee nie.

Netwerk 24 het vertroulik verneem dat gesprekke glo agter die skerms by die vergadering van die DA se federale bestuur in Johannesburg aan die gang is om ’n uittog uit die party te voorkom.

Na verneem word het Maimane reeds sy bedanking ingedien en daar is glo ook ander wat saam met hom wil loop.

’n Ingeligte bron het Woensdag gesê ’n provinsiale leier van een van die DA se grootste provinsies het glo ook bedank sowel as ander lede. Dit is nie bekend hoeveel ander lede ook vir Maimane wil volg nie.

Gesprekke is glo agter die skerms aan die gang om dié DA-lede te oortuig om nie die party te verlaat nie. Die plan is na verneem word om ’n nuwe politieke party te begin en daar is glo reeds befondsing daarvoor beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.