Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mmusi sê wie kandidaat as premier in Oos-Kaap is

Mmusi Maimane, DA-leier, gaan Woensdag in Port Elizabeth aankondig wie die party se Oos-Kaapse premierskandidaat vir die nasionale verkiesing in 2019 is.

Mmusi Maimane, DA-leier, lê Woensdag besoek af in Nelson Mandelabaai om die party se Oos-Kaapse kandidaat vir premier aan te kondig. Foto: Argief

Hy sê die koalisieregering onder leiding van die DA in die Nelson Mandelabaai-metro, het die lewe van inwoners verbeter.

“Dit moet in die res van die provinsie ook gedoen word deur die ANC-regering in die volgende verkiesing te vervang.”

Nqaba Bhanga is blykbaar die voorloper, maar hy wou Dinsdag nie ’n woord daaroor rep nie.

“Dit help nie om vroeg ’n oorwinning te vier nie, want ’n mens weet nooit wat gebeur nie. Die naam van die kandidaat is in ’n koevert by ons leier (Maimane). Ons wag en kyk,” het hy gesê.

Die DA het in Julie die name van premierskandidate aangekondig. Volgens dié lys is Bhanga die party se kandidaat.

Maimane se besoek aan Nelson Mandelabaai kom kort nadat die DA-koalisie beheer oor die stad verloor het en

Athol Trollip as burgemeester uitgestem is.

Meer oor:  Da  |  Mmusi Maimane  |  Oos-Kaap  |  Verkiesing  |  Premierskandidaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.