Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mmusi: 'Stap minder, Cyril, en doen meer vir land'

Ses uit tien.

Mmusi Maimane, leier van die DA. Foto: Lindile Mbontsi

Dis wat Mmusi Maimane, DA-leier, aan pres. Cyril Ramaphosa gee vir sy eerste 100 dae in dié amp.

Hy meen Ramaphosa moet minder tyd aan sy oggendstappies bestee en meer vir die land doen.

Dit is Saterdag Ramaphosa se 100ste dag op kantoor.

Maimane het Maandag op ’n nuuskonferensie in Johannesburg gesê in vergelyking met oudpres. Jacob Zuma het Ramaphosa goed gevaar.

Hy sê die golf van optimisme waarmee Ramaphosa begroet is, was voorspelbaar.

“Baie het geglo en glo nog steeds dat die verkiesing van Ramaphosa as president ’n keerpunt in die lotgevalle van ons land was.”

Hy sê as Ramaphosa ernstig is om die ekonomie te vernuwe en te verseker dat werkgeleenthede geskep word, moet hy die styging van een persentasiepunt in die BTW-koers omkeer, die besluit om die Mededingingskommissie se begroting te sny herroep en ook die nasionale minimum loon heroorweeg.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Mmusi Maimane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.