Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mmusi vra Cyril moet gou sê oor troep-ontplooiing

Pres. Cyril Ramaphosa moet eerder vroeër as later die voorwaardes bekend maak waaronder die weermag in sekere gebiede in Kaapstad ontplooi gaan word.

Dit was Woensdag Mmusi Maimane, DA-leier, se versoek in die Nasionale Vergadering (NV) in die debat oor Ramaphosa se begrotingsrede vir die presidensie.

Mmusi Maimane. Foto: Melinda Stuurman

Hy sê die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in gemeenskappe wat onder beleg van bendes en misdadigers is, is welkom.

“Dit hang nou van jou kantoor af om die raad – gouer eerder as later – in te lig oor die voorwaardes van dié ontplooiing van die SANW.

“Laat ons nou dieselfde verbintenis ook aan landelike gemeenskappe toon. Laat ons aan boere en plaaswerkers toon dat hulle ook ons beskerming verdien. Laat ons die oorlog na misdadigers oral neem.”

Ook Mosiuoa Lekota, Cope-leier, het in sy spreekbeurt die hoop uitgespreek dat Ramaphosa die NV in sy vertroue sal neem oor waarom die ontplooiing van die SANW nóú noodsaaklik geword het, omdat hy die enigste een is wat die reg het om gewapende magte in die land te ontplooi.

“Die rede hiervoor is dat jy dalk inligting mag hê wat nie vir ons oor die nasie aangedui is nie. Die styl om mag toe te pas om die samelewing te beheer, het ons van die ou orde van apartheid geërf toe hulle nie geweet het hoe om ons te beheer nie. Hulle het die polisie gebruik . . . maar toe hulle misluk het, het hulle die gewapende magte ingestuur en hulle het baie onskuldige mense vermoor. Maar ons weet hulle het misluk omdat hulle nie geweet het waar om die vryheidsvegters te vind nie.”

Hy wil weet waarom die gewapende magte tussen gemeenskappe ingestuur word.

“Is ons in ’n oorlog gewikkel met ons gemeenskappe of nie? Ons dink nie ons kan die samelewing bestuur op die dieselfde manier as wat die apartheidsregering dit bestuur het, wat nie deur ons gekies is nie.”

Hy sê die polisie moet in staat wees om misdadigers in hegtenis te neem. Die antwoord kan egter volgens hom nie wees om die weermag tussen die samelewing in te stuur nie.

Mogamat Hendricks, Al-Jamah-LP, het Ramaphosa bedank vir die ontplooiing van die weermag in tien brandpunte. Hy is persoonlik vertroud met dié brandpunte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.