Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mmusi wil beleidskonferensie vroeër hou

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdagoggend aan die DA se federale raad voorgestel dat die party ’n vervroegde beleidskonferensie moet hou, sê Solly Malatsi, die DA-woordvoerder en parlementslid.

Dié uitlating van Maimane was tydens ’n bespreking van die verslag van die hersieningspaneel wat ondersoek ingestel het na die redes vir die DA se swak vertoning in vanjaar se algemene verkiesing.

Die paneel het bestaan uit Tony Leon, voormalige DA-leier, die strateeg Ryan Coetzee en die voormalige bankbaas Michiel le Roux.

“Mmusi (Maimane) het in sy inleidingstoespraak voorgestel die federale raad moet dit oorweeg om ’n vervroegde beleidskonferensie te oorweeg,” sê Malatsi.

Mmusi Maimane

’n Voorsitter vir die federale raad sal boonop Sondagoggend op dié belangwekkende vergadering verkies word.

’n Kwaai stryd om dié pos woed tussen Athol Trollip, Helen Zille, Mike Waters en Thomas Walters.

Wie ook al wen sal James Selfe opvolg wat vir 19 jaar dié pos beklee het. Hy word nou hoof van die DA se eenheid vir staatsbestuur.

Malatsi sê Maimane het in die vergadering hulde gebring aan Selfe.

“Die gemoed in die vergadering is “beleefd, robuus en konstruktief.”

Maimane het Saterdag voordat die federale raad se vergadering begin het, met die party se provinsiale leiers vergader.

Die vier kandidate in die stryd om die voorsitterskap kry laat Saterdagmiddag ’n laaste kans om die meer as 150 lede van die raad toe te spreek.

Desiree van der Walt, die kiesbeampte, sê die kandidate sal aan die einde van Saterdag se vergadering van die federale raad, elk vyf minute gegun word om die vergadering toe te spreek en hul standpunte te stel.

Die uitslag van die verkiesing word Sondag omstreeks 12:00 verwag wanneer ’n mediakonferensie oor die vergadering gehou sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.